Skemer oor Aasvoëlkop

Fiction » Drama » African

By Makkie de Beer
Published by Kameeldoring Boeke
$1.23 Rating: 1 star1 star1 star1 star
(4.00 based on 2 reviews)

Published: May 03, 2012
Words: 64,696 (approximate)
Language: Afrikaans
ISBN: 9781476149387


Short description

Martie Linde het 'n ongewone kinderlewe gehad en uiteindelik saam met haar oupa op 'n plaas in die Waterberge groot geword. Haar “normale lewe” in die stad word onderbreek deur 'n onverwagse oproep van die plaas af. Haar oupa se buurman begin iets wat so byna haar lewe kos. Nie eers in haar wildste drome sou sy kon raai wat in die volgende paar dae met haar gaan gebeur nie.

Extended description

'n Jong meisie wat op 'n plaas in die Waterberge groot geword het ontvang 'n onverwagse telefoon oproep! Haar oupa se buurman vra dat sy dringend terugkom plaas toe. Martie Linde het 'n ongewone kinderlewe gehad met 'n verborge vrees dat almal vir wie sy lief word, haar gaan verlaat. In die stad probeer sy hard om 'n “normale lewe” te lei en sluit by die Bergklimklub aan om vriende te ontmoet. Die motorrit plaas toe, neem haar verby soveel bekende landmerke en voer haar gedagtes vêr terug na gebeure uit haar kinderjare. Die naam Werner Grové kom telkens in haar gedagtes op, hy is die buurman wat gebel het, die nuwe eienaar van die buurplaas. Sy wonder wat se tipe man hy is en hoekom sy stem vir haar so bekend klink. Die bietjie opwinding oor haar ontmoeting met die nuwe buurman word telkens vertroebel deur haar grootste vrees wat moontlik binnekort bewaarheid gaan word.

'n Onskuldige en goedbedoelde uitstappie na Aasvoëlkop saam met die nuwe buurman loop liederlik skeef en bi.. (Read more)


Tags

vultures, waterberg, plaas, boere, platteland, bergklim, aasvoel, kinderhuis, koshuis, troue, weeskinders

Available ebook reading formats

Single purchase gains access to all formats. How to download ebooks to e-reading devices and apps.
Format Full Book Sample First 20%
Online Reading (HTML, good for sampling in web browser)BuyView sample
Kindle (.mobi for Kindle devices and Kindle apps)BuyDownload sample
Epub (Apple iPad/iBooks, Nook, Sony Reader, Kobo, and most e-reading apps including Stanza, Aldiko, Adobe Digital Editions, others)BuyDownload sample
PDF (good for reading on PC, or for home printing)BuyNo sample available
RTF (readable on most word processors)BuyNo sample available
LRF (Use only for older model Sony Readers that don't support .epub)BuyDownload sample
Palm Doc (PDB) (for Palm reading devices)BuyDownload sample
Plain Text (download) (flexible, but lacks much formatting)BuyNo sample available
Plain Text (view) (viewable as web page)BuyNo sample available

Reviews

Log-in to write a Review   Log-in to add a Video Review

Review by: Tryn Ras on July 06, 2012 : star star star star
Haai tannie Makkie,

Ek het die storie baie geniet veral die stukkie waar die twee hulle rokspante so nat gehuil het. Met die hofsaak het ek gedink daar gaan 'n kinkel in die kabel kom, wat toe nie daar was nie. Daarom wat ek nie 5 sterre toeken nie.

Die mooi fotos van die aasvoels het amper gemaak dat ek tog daardie vyfde ster vir tannie gegee het, dit is pragtig.

Dankie vir die plaas stories wat 'n mens so laat terug verlang na jou kinderjare toe.

Tryn
(review of free book)

Review by: Richard Barnard on May 03, 2012 : star star star star
My tannie, jy het 'n mooi storie geskryf wat my na die plaas laat verlang. Jammer jy het nie meer vertel van die aasvoels en hulle kuikens nie. Die foto's is amazing. Lekker skryf, Richard
(review of free book)

Report this book