Afgehandel

Belinda is ‘n middeljarige maatskaplike werker wie se demone uit haar verlede weer opduik wanneer sy ‘n berig op die radio hoor van ‘n geliefde onderwyser wat vermoor is. Wanneer sy die huis gaan besoek van een van haar pasiente neem een van hierdie demone in haar oor en verander haar lewe onherroeplik. More

Available formats: epub mobi pdf rtf lrf pdb txt html

First 20% Sample: epub mobi (Kindle) lrf more Online Reader
Published by Kameeldoring Boeke
Words: 18,410
Language: Afrikaans
ISBN: 9781301424184
About Juanita Swart

Juanita Swart woon in Pretoria met haar man en dogter. Sy is ‘n gesinsmens met ‘n passie vir mense en skryf. Haar gedigte is gepubliseer in twee van die Poetry Institute of Africa se digbundels en in 2013 besluit sy om pen op papier te lê en haar eerste amptelike manuskrip “Afgehandel” sien op 24 Oktober 2013 die lig.
Juanita Swart is gebore in Pretoria in 1977. Hier het sy groot geword en op 8 jarige ouderdom haar eerste storie geskryf. Sy onthou nog goed die vakansie kuier by haar tannie waar die enigste papier wat beskibaar was om op te skryf ‘n kladboekie was. Elke woord van haar storie het dus dubbel deurgekom! Die eerste storie uit haar pen was oor ‘n vliegtuig wat geval het en 13 oorlewendes moes veg vir oorlewing, teen die elemente en mekaar. Niemand kon glo die 8 jarige meisie het in 1985 die storie geskryf nie!
In die Hoërskool vind Juanita haar liefde vir poësie en begin dig. Latere jare verskyn een van haar eerste gedigte “Vrees” in die “Poetry Institute of Africa” se digbundel “Different Horizons” Dit word opgevolg met haar gedig “Pa” in hul volgende uitgawe.
In 2013 sluit Juanita aan by ‘n groepie skrywers en uit haar pen vloei “Afgehandel”. Die storie van Belinda. ‘n Lewensmoeë Maatskaplike werker wat teen haar eie demone veg terwyl sy gebroke siele probeer red. Belinda se lewe neem ‘n skrikwekkende wending wanneer jare lange haat en pyn uitborrel en sy die onmenslike doen.
Juanita is getroud met Danie en hulle het ‘n pragtige dogter Danielia. Hulle woon in Pretoria en hou daarvan om saam te lag, kampeer en daar te wees vir mekaar. Danielia het ‘n liefde vir skryf en het alreeds ook begin met haar eerste storie, sy hoop om eendag saam haar ma ‘n boek te skryf.
Juanita se hoop is dat haar stories mense se lewens sal aanraak en dat hulle sal aanhou wonder, wat gaan sy volgende skryf?

Also by This Publisher

Reviews

This book has not yet been reviewed.
Report this book