Email this sample to a friend

Die Lelike Suster

Deur

Eleen Blaeser


Publikasie deur Eleen Blaeser by Smashwords

http://www.eleenblaeser.com

http://www.smashwords.com/profile/view/eleenblaeser


Kopiereg 2012 Eleen Blaeser


Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie boek mag op enige manier gereproduseer word sonder skriftelike toestemming van die kopiereghouers.


~~~***~~~


DIE LELIKE SUSTER


Helena de Waal kom stadig die trappe van haar pa se weeldewoning af. Die hele gesin is in die woonkamer bymekaar. Sy kan die vrolike stemme hoor. Haar suster se helder stem wat iets vertel en almal wat uitbundig lag. Vir ‘n oomblik sluit sy haar oë en haar blaas haar asem hoorbaar uit.

Sy kom in die deur van die woonkamer tot stilstand. Sarah, haar tweelingsuster sit op die sofa met haar lang slanke bene argeloos onder haar ingevou. Die silwer rokkie kleef aan die volmaakte liggaam en laat veel aan die verbeelding oor. Die blonde hare lê sag en glansend oor die kaal skouers. Voor sy kan keer ontsnap nog ‘n sug uit haar hart. ‘Hoe is dit moontlik dat die volmaakte mens haar Helena se tweeling is? Die swaan en die lelike eendjie,’ dink sy soos soveel kere tevore. Sluk swaar aan die bitterheid wat in haar keel opstoot.

Previous Page Next Page Page 1 of 9