Riana Pope

Where to find Riana Pope online

Videos

Stories Vir Kinders
Stories vir kinders is verhale wat vroeg in 1900's geskryf was met pragtige illustrasies. Lees hoe Sproetgesig Padda haarself mooi gemaak het, hoe Mamma Gans slim was om almal te beskerm en of Willie Muis toe by die maan uitgekom het. Die Bosbabatjie was verlei deur die slang en vind uit of hy vriende of vyande met al die ander diere gemaak het. Kolonel Mieliepit en Juffrou Akkerboontjie gaan op wêreldreise want hulle moet Jackie en Peggs se mamma en pappa vind.

Pollyanna in Afrikaans
Pollyanna is nog nie 'n tiener nie maar sy het 'n wonderlike vader gehad wat haar goed voorberei het om die lewe vir haarself en haar medemens makliker te maak. Sy is 'n vrolike en opgewekte dogtertjie wat mense die "bly wees" speletjie leer. Haar tante by wie sy gedwonge moes gaan bly, is egter 'n stuurs en norse dame. Sy wil graag geluk en vertroosting in verskeie mense se lewe bring, maar nie almal is gereed of bereid om te verander nie. Dan gebeur die ongeluk!

Poplap Annie
Poplap Annie is nie sommer net ’n gewone lappop nie. Sy kan sien, hoor, loop en lekker lag. Sy is lank, lank gelede in ’n ou trommel gevind en het een van Marie se liefling poppe geword. Poplap Annie is baie slim en deur haar ervarings leer sy die ander poppe lewenslessies wat tot vandag relevant is.

Sprokiesverhale
Hierdie ebook bevat pragtige illustrasies met vier stories vir kinders om self te lees. Pietertjie is 'n stout hasie, Padda Prins, Prinses Belle en Aladdin is almal ou geliefde verhale wat tot aan die einde bekoor.

n Klein Prinsessie
Hierdie is ‘n storie van ‘n ander tipe prinses; ‘n prinses wat ‘n weeskind is - alleen, koud, honger en misbruik. Sara Crewe het haar lewe begin as ‘n geliefde dogter van ‘n ryk man. Ongelukkig sterf hy as ‘n armlastige en sy word in die hande van die koue Juffrou Minchin gelaat. Alles word van haar weggeneem behalwe een stel klere en ‘n pop. Gehaat deur die skoolhoof omdat sy ‘n sterk wil en ryk verbeelding het, was sy uitgewerp.

Books

Stories vir Kinders
Price: $2.99 USD. Words: 23,160. Language: Afrikaans. Published: June 20, 2012 . Categories: Fiction » Children’s books » Action & Adventure / Survival Stories
Stories vir kinders is verhale wat vroeg in 1900's geskryf was met pragtige illustrasies. Lees hoe Sproetgesig Padda haarself mooi gemaak het, hoe Mamma Gans slim was om almal te beskerm en of Willie Muis toe by die maan uitgekom het. Die Bosbabatjie was verlei deur die slang. Kolonel Mieliepit en Juffrou Akkerboontjie gaan op wereldreise want hulle moet Jackie en Peggs se mamma en pappa vind.
Kinderboek
Price: $4.99 USD. Words: 66,830. Language: Afrikaans. Published: June 2, 2012 . Categories: Fiction » Children’s books » Fairy tales & fables
Interessante stories van regoor die wereld vertaal in Afrikaans. Van dwerge, prinse, ridders en die aaklige seeslang. Moedig die jongspan aan om self te lees en te ontdek.
Sprokiesverhale
Price: $4.99 USD. Words: 6,980. Language: Afrikaans. Published: June 2, 2012 . Categories: Fiction » Children’s books » Fairy tales & fables
Pragtige illustrasies met vier stories vir kinders om self te lees. Pietertjie is 'n stout hasie, Padda Prins, Prinses Belle en Aladdin is almal ou geliefde verhale wat tot aan die einde bekoor.
Poplap Annie
Price: $4.99 USD. Words: 15,340. Language: Afrikaans. Published: May 16, 2012 . Categories: Fiction » Children’s books » Classics
Poplap Annie kan sien, hoor, loop en is 'n baie slim lappop. Die ander poppe volg haar graag en sy leer hulle hoe om in menswereld te oorleef. Haar lessies is eenvoudig maar treffend. Sy was die eerste lappop wat 'n hartjie gekry het.
Pollyanna Word Groot
Price: $4.99 USD. Words: 72,710. Language: Afrikaans. Published: May 7, 2012 . Categories: Fiction » Children’s books » Family / General
Pollyanna moet by vreemdelinge gaan bly waar sy nuwe vriende maak. 'n Verlamde seun speel 'n groot rol om haar te help om grootmens besluite te neem. Haar tante se lewe verander en Pollyanna moet aanpas. Sy is verward en moet keuses maak. Haar hart of haar kop volg?
Pollyanna in Afrikaans
Price: $4.99 USD. Words: 59,240. Language: Afrikaans. Published: May 7, 2012 . Categories: Fiction » Children’s books » Family / General
Pollyanna sal jou hart aanraak met haar kinderlike opregtheid. Alhoewel sy maklik die ongelukkigheid in ander mense se lewe opmerk, het sy haar eie oplossings wat almal slaafs navolg.