Rynette Farrar

Biography

Rynette Farrar is gebore op 1 Augustus 1966 in Alberton, ‘n dorp suid van Johannesburg. Sy is die jongste van twee dogters gebore van Jan en Joey Pelser. Sy en haar suster Lynette word dikwels aangesien vir ‘n tweeling. Haar laerskool loopbaan was voltooi by Laerskool Randhart in Alberton en haar hoërskool loopbaan by Dr Malan in Meyerton. Tydens haar hoërskool loopbaan skryf sy verskeie verhale wat sy vir geselekteerde vriende gee om te lees. Na skoolopleiding het sy ‘n kursus in boekhouding gevolg. Tydens haar eksamens by Wits Universiteit verwerf sy die AG Jansen prys vir Kommunikasieleer. Rynette trou op die 14de September 1991 met Adrian Farrar van Zambië in Meyersdal Alberton. Sy is die moeder van twee seuns, Ronan en Darren. Jare lank het sy en haar man ‘n maatskappy besit in Alrode, Alberton wat produkte verskaf het aan die badkamer industrie in Suid Afrika. In 2009 raak sy betrokke by ondersoeke teen korrupsie. Dit inspireer haar om ‘n boek ‘Lang staptog na geregtigheid’ te begin skryf. Die boek is gebasseer op die ware gebeure rondom haar ondersoeke. Die boek sal gepubliseer word sodra seker hofsake afgehandel is. Die skryf van díe boek het haar geinspireer om verder te skryf en haar debuut roman ‘Die handskrif teen die spieël’ het in Desember 2014 die lig gesien. In 2014 raak sy ‘n skoon dogter Bianca ryker en sy sien tans uit na die geboorte van haar eerste kleinseun ‘Quade’. Rynette en haar familie is tans woonagtig in Meyersdal Alberton.

Smashwords Interview

Who are your favorite authors?
Lesley Pearse, Ena Murray, Schalkie van Wyk, Joyce Meyer & Karen Kingsbury.
What inspires you to get out of bed each day?
Possibility of new opportunities and good news.
Read more of this interview.

Where to find Rynette Farrar online

Where to buy in print

Videos

Die handskrif teen die spieël kry 'n lokfilm
Watch the book trailer for "Die handskrif teen die spieël".

Books

This member has not published any books.