Gietoffers van my siel

Rated 0/5 based on 1 reviews
“Gietoffers van my siel”, ’n digbundel van Boerius (Wilhelm Pretorius,) is Afrikaanse digkuns op sy beste. Die gedigte spreek meesterlik ’n wye verskeidenheid sielstemas aan. “Gietoffers van my siel” is ’n literêre skat wat tuishoort in elke huis. Nie net om te geniet en weer en weer te lees nie, maar om ook in bewaring gehou te word as eendag se ware Afrikana. More

Available formats: epub, mobi, pdf, rtf, lrf, pdb, txt

First 20% Sample: epub mobi (Kindle) lrf more read online
Words: 11,940
Language: Afrikaans
ISBN: 9781465904294
About Boerius (Wilhelm Pretorius)

Agtergrond oor Boerius

Die digter Boerius, Wilhelm Pretorius, is op 20 Augustus 1977 in die SAVF kraaminrigting te Potgietersrus gebore as die jongste van drie seuns van dr. Lets en Minnie Pretorius.

Hy was nie groot gebou nie, maar sy hele gesig was altyd die ene ondeunde glimlag . Later ʼn regte klein ondeund. Baie lief vir musiek, was Wilhelm altyd besig met een of ander instrument of om te sing. Hy was altyd betrokke by ʼn revue of het in een of ander koor gesing. Aan avontuurlustigheid het dit hom ook nooit ontbreek nie: òf hy organiseer ʼn oorlewingskamp òf reël vir hom en sy Pa ʼn oorlewingstaptoer teen die Waterberge, waar hy die waterbottel verloor en ons hulle amper met ʼn ambulans moes gaan haal. In Egipte is die koorsang nie genoeg nie, maar onderhandel met ʼn Egiptenaar om stoksielalleen op ʼn kameel die piramides te gaan verken.

Hy is in 2000 getroud met Corné Pretorius (Bezuidenhout). In 2002 is hy op hulle huweliksherdenking gearresteer as beskuldigde in die Boeremagsaak, waarvoor hy sedertdien in verskeie gevangenisse aangehou is en steeds in aanhouding is. In hierdie amper tien jaar staan Corné hom nog steeds by soos wat sy liefde vir haar en die omstandighede waarin hulle verkeer in sy gedigte sigbaar is. Gedurende die hofsaak het hy saam met sy twee broers 'n aansoek gebring om as krygsgevangenes verklaar te word. In die saak het hulle dit duidelik gestel dat hulle nie kriminele is nie maar in 'n regmatige vryheidstryd gestry het vir die behoud van die Boerevolk en die verkryging van 'n onafhanklike Boererepubliek. Gedurende sy tyd in aanhouding het hy ook sy teologiese studies voortgesit en voltooi, ’n Meestersgraad daarin behaal, Latyn met lof geslaag en is tans besig is met sy doktorale studie in Kerkgeskiedenis.

Maar... die eintlike Wilhelm, is Wilhelm DIE BOER, in murg en been, in hart en siel. ʼn Man met integriteit, ʼn man vir die waarheid, ʼn man met ʼn groot liefde vir sy volk, ʼn onwankelbare geloof in God en ʼn onblusbare gees. Wilhelm met die Vierkleur op Majuba. Mag jou lig op Majuba altyd vir ons ander ʼn inspirasie bly.

Deur: Minnie Pretorius, moeder van Boerius

Reviews

Review by: Fransina Van der Merwe on April 29, 2012 : (no rating)
Hierdie gedigte is regtig vanuit die siel. Hou aan - dit is fantasties. Dit gee hoop en ons sal jou altyd ondersteun.
Ons bid vir jou.

Aan almal wat dit nog nie het nie....kry dit NOU!
(reviewed within a month of purchase)

Print Edition

Report this book