Geeste Portaal

Rated 4.50/5 based on 4 reviews
Geeste teleporteer uit ñ mismaak gevormde boom met twee gesigte in die boom se bas. Vicky word geselekteer om as ñ teister gees opgelei te word. Sy word deur die boom ingesluk en moet wraak neem op twaalf mense wat aan haar ñ onreg gedoen het voordat sy weer as lewende tiener na haar wêreld kon terugkeer. Sy moet onderskei tussen hierdie mense se ego, siel en self, om hulle suksesvol te manipuleer More
Download: epub mobi (Kindle) pdf more
Fiction » Horror » Ghost
Words: 48,080
Language: Afrikaans
ISBN: 9781310772467
About Flamingcrystal

~~~•••~~~
Hallo julle! Baie dankie dat julle my boek afgelaai het en vir die tyd wat julle daaraan gaan spandeer om dit te lees.
Ek is Marlaine Lloyd, ñ Afrikaanse skrywer en skryf onder my pen naam as Flamingcrystal. Ek woon in ñ klein dorpie Pongola in Kwazulu Natal, Suid-Afrika. Een van die mooiste klein dorpies in ons land waar daar nog geen verkeersligte is nie en waar almal nog omgee vir mekaar.
Die van julle wat my nog nie so goed ken nie, daar is ñ rede waarom ek al 6 my kindle eboeke en paperbacks wat op Amazon gepubliseer was, onttrek het...nie net omdat my dogter besig is met die vergemakliking van die hoofstukke en bladsye se navigasie nie, maar ook omdat ek medies ongeskik vir werk verklaar is, en my assuransie nie toelaat dat ek enige inkomste verdien uit my boeke nie, selfs al was my boeke gepubliseer lank voordat hulle my ongeskiktheids eis goedgekeur het.
Verdien ek enigsins iets uit my boeke kan hulle my maandelikse ongeskiktheids-toelae opskort.
Daarom sou al die inkomste uit my boeke na die weeshuis gaan, maar selfs dit sou gesien word as ñ inkomste!
My dogter het gedink dit is uiters onregverdig dat my familie en vriende nie meer my boeke by Amazon op die #Free #Gratis dae kon aflaai nie en sy het besluit om die hoofstukke en bladsye navigasies op elke boek te verbeter, en daarna het sy my boeke oorgelaai op Barnes and Noble Nook Books & Smashwords waar dit dan GRATIS aan my familie en vriende beskikbaar gaan wees.
Amazon het nie die opsie van gratis boeke nie behalwe wanneer dit vir slegs ñ paar dae op promosie is.
Tans is al my kindle eboeke en paperback boeke uit AL Amazon se sales channels ontrek deur bloot die 'untick' van die 'publish' blokkie. http://www.amazon.com/-/e/B00HMJYX8M Sodra ek hoor hoe ek my e-boeke permanent gratis kan maak vir julle op Amazon, sal ek julle laat weet.
My boeke Geeste Portaal, Fatal Fantasy en Dejavu & Destiny Romantiese Weergawe is gratis op Smashwords en op Barnes and Noble Nook Books.
~~~•••~~~

Flamingcrystal (Marlaine Lloyd) is an Afrikaans speaking author that currently lives in a small town, Pongola, in Kwazulu Natal in South Africa. She loves writing in the following genres: fiction, young adult paranormal, fantasy, horrors, thrillers and blushes when she writes erotica.
Flamingcrystal is a widow and has 2 beautiful daughters. Flamingcrystal was raised on a farm in the Orange Free State in South Africa.
She has a BA degree in Retail Marketing and is an #ASMSG member.

Also by This Author

Reviews

Review by: SonjaHamman on March 22, 2016 :
Ek het hierdie boek besonders baie geniet.
Ek het genot ervaar, seker wat die skrywer wou gehad het.
Die genot waar die skrywer so straf uitdeel en die wat haar so behandel het laat kort kom.
Die boek is boeiend en mooi.
Ek kan oor geen aspek van die boek fout vind of kla nie.
(review of free book)

Review by: Elainedupreez on March 22, 2016 :
'n Kannie-neersit-leesgenot.
'n Boek vir jong mense, gebasseer op fantasie en verbeelding, van 'n tiener / jong meisie wat die geleentheid gebied word om straf uit te deel oor almal wat haar te na gekom het.
Ek het hierdie verhaal baie geniet en enige een kan dit lees.
(review of free book)

Review by: Elsanaude96 on March 22, 2016 :
Hierdie boek is eintlik vir tieners bedoel na my beskeie mening, maar was nogal 'n heelike ontspannende stuk literatuur, wat werklik na my mening die moeite werd is om te lees en te herlees. Die hoofkarakter neem wraak op diegene wat haar in haar lewe benadeel of te na gekom het.
FSW, soos ek nou ook al agtergekom het hulle haar naam afkort, het met hierdie verhaal die vlug van 'n tiener se verbeelding gebruik en ek het my so ingeleef in die manier wat elke persoon mee afgereken is. Humor is 'n belangrike deel van hierdie verhaal.
Die skrywer reken ook met mutimoordenaars af en sy doen ook so met pedofiele. Ek het die afrekening met die hartebreker besonders amusant gevind.
Elke hoofstuk is 'n klein verhaal op sy eie. Elkeen stel die leser tevrede. Die taalgebruik, deurspoel met humor, is baie goed.
Ek beveel hierdie boek oor en oor aan.
Elsa.
(review of free book)

Review by: Johan Crous on Feb. 13, 2016 :
Geestesportaal deur Flamingcrystal, is 'n boek wat ek met die grootste vrymoedigheid sal aanbeveel aan enige leser, jonk of oud. Dit is nie my gewoonlike tipe keuse nie, maar ek het dit uit nuuskierigheid gelees na ek 'n ander boek deur dieselfde skrywer gelees het.

Wat 'n wonderlike leesgenot. Die skrywer het my van die begin af geboei en vasgevang in die verhaal. Sy mag maar 'n boek skryf. Haar borrelende persoonlikheid spoel oor in die boek en sy is vlymskerp met haar humor. Haar uitbeelding van die verskillende karakters is baie goed.

Hierdie is 'n fantasie verhaal met elemente wat tog nie moontlik is nie. Sy maak alles werklik voor die leser se oë en jy geniet wat gebeur. Jy geniet die straf wat Vicky op 'n mooi en regverdige manier uitdeel. Die leser kry lekker oor die bordjies wat verhang word. Die situasies in haar boek speel in die werklike lewe ook voor ons oë af.

Die boek verveel die leser nie een keer nie. Die taalgebruik is uitstekend en die humor is puik. Ek kan hierdie boek met die grootste vrymoedigheid aanbeveel. Dit is tone krul lekkerkry plesier uit haar pennevrug. Ek wag in spanning vir haar volgende boek.
(review of free book)

Report this book