Basterhond

'n Polisieman erf sy pa se plaas noord van die Zoutpansberg. Die wildsplaas grens aan Venitia, 'n myndorpie by een van die rykste diamantmyne in die wêreld. Die Venetia myn is op 'n ryk diamant aar wat ook deur sy plaas loop. Wat hy nie geweet het nie is dat daar verskillende mense is wat hulle oog op die plaas en die renosters het vir hulle eie selfsugtige redes. Wat gaan Baster doen? More

Available ebook formats: epub mobi pdf rtf lrf pdb txt html

First 20% Sample: epub mobi (Kindle) lrf more Online Reader
Published by Kameeldoring Boeke
Words: 151,260
Language: Afrikaans
ISBN: 9781310608223
About Louw Erasmus

Louw Erasmus is in 1951 op Molteno in die Oos Kaap gebore en het op Cookhouse skool gegaan. Hy verlaat die skool om op die Spoorweg te gaan werk.
Hy trou met 'n besondere meisie wat van Wolwefontein afkomstig is. Hy en Mieta, die liefde van sy lewe, het drie kinders. Hy sê altyd dat Mieta en die kinders hom op koers gehou het oor die jare.
Tussen die werk en kinders-grootmaak het hy sy matriek gedoen en ook 'n 3 jaar diploma voltooi. Hy tree af in 2012 en doen nou wat hy nog altyd wou doen.
Hy sê beskeie, dat hy hom daarop toespits om sy skryf-vernuf verder uit te brei, dit terwyl hy reeds een boek, Basterhond, gepubliseer het en die volgende boek amper al klaar is. Wanneer hy nie skryf nie vroetel hy in die tuin op soek na inspirasie en gebruik hy die geleentheid om sy stories uit te dink en sy planne te maak.

Also by This Author

Also by This Publisher

Reviews

This book has not yet been reviewed.
Report this book