Liefde & Leed

Liefde & Leed ..Gedigte oor liefde en leed....Vanuit die hart.. More

Available ebook formats: epub mobi pdf lrf pdb txt html

First 10% Sample: epub mobi (Kindle) lrf more Online Reader
About Timothy De Vos Botha

Biografie Hi almal, ek is Timothy De Vos Botha, gebore op die 3de Julie 1993 in Vereeniging.'n Groot dorp daar in Gauteng, toe ek groot geword het, het ek altyd daarvan gedroom om 'n sanger te word, ek het nooit gedink dat ek eendag sal skryf nie. Dit het begin toe ek 16 was in die verbeteringskool, ja ek was baie stout, toe word ek soontoe gestuur. Ek het 'n sielkundige gaan sien, en sy het vir my gesê ek moet skryf oor wat my pla as ek nie gemaklik voel om te praat nie. Dis toe ek my eerste woorde op papier neergesit het, en in daai einste jaar my eerste gedig skryf, vandag is ek amper 23 en ek skryf nogsteeds, ek skryf al kortverhale, verhale, artikels, rubrieke en gorrelstukke. Maar vir baie jare het ek glad nie geskryf nie (ek wou net sing daar was nie 'n ander droom nie) en ek het baie werke al gehad. Ek was 'n karwag, sekuriteitswag, pakker, ek het al by 'n fabriek ook gewerk wat hierdie groot materiaal sakke maak, waarin steenkool en goed gepak word. Vandag is ek ook 'n omroeper en assistent bestuurder by Skatkis Stereo, 'n stasie met 'n skatkis vol goue klanke(internet radio) www.skatkisstereo.co.za My pa het my van 7 jaar oud af omtrent alleen groot gemaak, want my ouers het toe geskei. My ouma het my en my boetie, Zander ook gehelp groot maak. My ma het probeer kontak maak met ons, en toe ek 16 was het ek weer van haar gehoor, ek en my boetie het toe weer gereeld kontak met haar gemaak. In die verbeteringskool was ek aanhoudend verkrag, ek het 2 keer weggeloop daar maar my stiefma het altyd gesorg dat ek weer terug na die verbeteringskool toe gaan, elke keer wat ek terug gegaan het was ek weer verkrag. Toe ek die derde keer wegloop, toe los ek die skool, my stiefma wou my nie weer in 'n gewone skool sit nie, toe gaan doen ek my E graad vir sekuriteit, en begin werk as 'n wag. Op 31Julie 2012 is my pa oorlede in een staat hospitaal daar in Johannesburg, dit kom nou nadat hy paar maande vroeër gediagnoseer was met leukemia(bloedkanker en beenmurgkanker). Ek mis hom elke dag en julle sal sien dat ek baie van hom skryf, dit is hoekom ek besluit het om my eerste digbundel(hierdie een) aan hom op te dra, die ding is ek het hom nooit genoeg waardeer nie, en ek het eers later besef wat hy rerig beteken het vir my, wat baie meer werd is as goud. Dit is definitief waar wat hulle sê, jy weet nie wat jy het, tot die dag wanneer jy dit verloor. Ek belowe julle als wat ek skryf kom uit my hart, en ek praat net die waarheid in my skryfwerk. Ek gaan bieg en sê ek hou nie eintlik daarvan om in die verlede te krap nie, maar ek skryf baie uit ervarings van my verlede, ek het hierdie met liefde vir julle gedoen. Dankie vir elkeen wat my digbundel aanskaf, ek sal skryf tot ek die dag my kop neerlê. Ek hoop dat julle my skryfwerk geniet, dankie vir elkeen se ondersteuning. Baie liefde, Timothy(Timmie) De Vos Botha.

Report this book