Daardie Nag

Adult
Rated 5.00/5 based on 6 reviews
Na haar operasie is Debbie Bosman gereed om met haar liefdeslewe voor te gaan. Haar man Bossie is die man van haar drome, maar hy stel glad nie meer in haar belang nie. Debbie besef hy sien 'n ander vrou. Sy is gebreek. Hoe kan haar Bossie sy troos aan 'n ander vrou se boesem soek? Lees hoe onvoorwaardelike en opregte liefde alles moontlik kan opoffer.

Dit is die skoon en romantiese weergawe. More

Available ebook formats: epub

About Johan Crous

Johan Crous
I started to write during many recovery periods in Hospital due to surgery.
Police officer by day, specializing in event management (disabled).
Married to Karin
Two daughters and one granddaughter.

Learn more about Johan Crous

Also by This Author

Reviews

MischelleLewis9 reviewed on on June 17, 2016

Asemrowend.
Jy kry boeke wat jy baie van gehou het en waarvoor jy goeie punte gegee het by jou resensie, omdat dit jou geboei het en omdat jy daarvan gehou het.....
Dan kry jy "Daardie nag."
Nie net gee ek dit volpunte nie, maar ek kan steeds nie glo dat dit klaar is nie. Ek dink al die hele dag lank oor hierdie boek. Ek hou dit op my foon. Ek gaan dit weer lees om die diepere betekenis van die boek in my gedagtes en hart te koeser. Ek weet regtig nie of ek vanaand in staat sal wees om 'n ander boek te kan nader trek nie. "Daardie nag" bly in my gedagtes.
Ek wag nou vir die hardeband om uit te kom sodat ek dit kan koop. Dit sal die ereplekkie in my boekrak beklee.
Die skrywer het die vrou wat die hoofrol speel se diepste binneste beskryf. Haar man se gevoel en seer is in die derde persoon beskryf, maar tref net so diep. Debbie vertel haar verhaal in die eerste persoon en die leser sien deur haar oë. Jy ervaar ook haar vrese, seerkry en haar emosies.
Debbie se fout en haar berou het my hart baie diep geraak. Ek het amper presies dieselfde oorgekom.
Die skrywer is baie oortuigend met sy slaapkamer tonele. Ek verwys nie na die beskrywing van wat gebeur nie, maar hy pen Debbie se emosies en haar menswees vas terwyl dit gebeur. Al word die toneel taamlik volledig beskryf is daar geen vulgariteit teenwoordig nie.
Hierdie boek kan gerus deur elke vrou gelees word.
(reviewed 12 days after purchase)
SonjaHamman reviewed on on Feb. 29, 2016

Stomende liefdesverhaal.
Die beskrywing van die perfekte liefde wat bestaan.
(reviewed the day of purchase)
Elainedupreez reviewed on on Feb. 29, 2016

Sjoe! Hierdie is 'n puik verhaal. Dit is nie lank nie. So ongeveer 47700 woorde.
Dit is die beste wat ek in 'n baie lang tyd gelees het.
Die twee tonele het my na my asem laat snak, maar die klem is op die emosies en nie op die daad nie.
As liefde altyd so onselfsugtig en mooi kan wees soos dit hier beskryf word, dan sal die hele wêreld verander. Die skrywer projekteer hier 'n liefde wat alles opoffer, onselfsugtig en so ongelooflik diep en mooi.
Die hoofkarakter se twyfel en stryd of haar man aan haar ontrou is en of hy haar gaan skei hou die leser lank in twyfel. Dan kom die verrassing.
Hierdie boek sal ek aan enige vrou aanbeveel met die grootste vrymoedigheid. Ek wonder of die skrywer nie dalk van 'n skuilnaam gebruik maak nie, want die boek is in die eerste persoon geskryf uit Debbie se oogpunt. Hy beskryf haar gemoed tot in die fynste detail.
Die tonele is werklik stomend warm, maar puik!
(reviewed the day of purchase)
LynetteBam reviewed on on Feb. 29, 2016

'n Boek wat elke vrou ook gerus kan lees.
Die skrywer wys wat volmaakte en opregte liefde is.
Die boek het twee stomende romantiese tonele in wat jou na jou asem sal laat snak, maar dit is so pragtig beskryf en beeld Debbie se emosies uit.
(reviewed the day of purchase)
JohnnyWeizmuller reviewed on on Feb. 27, 2016

Hierdie boek het my stoutste verwagtings oortref. Ek was nuuskierig om hierdie boek te lees nadat ek twee ander van die skrywer gelees het.
Hierdie boek is in die eerste persoon geskryf, uit die heldin se oogpunt. Wat 'n pragstuk. Sy het met my as die leser gepraat en ek het haar hartseer en verdriet ervaar. Ek kon my vereenselwig met haar vrese en haar bekommernis.
Die skrywer beskryf haar vrees, haar ongelukkigheid en haar hunkering na haar man. Debbie struikel ook maar, want sy is mens, maar die berou en haar soeke na vergifnis maak dat die leser haar vergewe.
Debbie se skok en verligting wanneer sy besef watter vlak van liefde haar man teenoor haar openbaar is goed beskryf. Die versoening is ook goed gedoen met 'n slaapkamer toneel, maar die liefde wat sy teenoor haar man openbaar, word goed beskryf.
Die boek is kort, so ongeveer 45 000 woorde en dit is 'n lekker leesgenot. Al is ek 'n man, kon ek dit nie neersit nie. Nou het ek nog 'n hele paar van die skrywer se ander boeke wat ek wil lees. JW.
(reviewed 2 days after purchase)
Elsanaude96 reviewed on on Feb. 27, 2016

Hierdie boek is my heel eerste boek wat ek lees met twee seks tonele in. Ek het nog nooit 'n boek gelees as ek agterkom daar is seks in nie, ek is nie daartoe genoeë nie. Die skrywer het my reg van die begin af geboei. Ek kan myself een honderd persent met die hoofkarakter, Debbie, vereenselwig. Haar klein probleempie is by baie vrouens teenwoordig.
Die boek laat my haar menswees ervaar. Ek verstaan haar vrese, of haar man ontrou is en of hy belangstelling verloor, heeltemal. Dit voel of ek self in die boek is. Ek beleef haar frustrasies asof ek dit self ondervind. Ek geniet haar uitdrukkings as sy haar verklee.
Debbie se keuses staan my geensins aan nie, maar ek verstaan in watter wanhoop sy was en ek veroordeel haar nie. Ek is baie tevrede met haar berou en soeke na vergifnis. Die leser vergewe haar onmiddellik.
Haar besef van die onbaatsugtige liefde wat Bossie openbaar het my ook in trane gehad. Die eerste dag wat sy en Bossie intiem was, het my hart geroer. Die toneel is volledig beskryf, maar geensins vulgêr nie en die skrywer beeld die liefde wat sy teenoor Bossie openbaar baie mooi uit. As hierdie gevoel van liefde by alle huwelike teenwoordig kan wees sal daar nooit iets soos egskeidings wees nie.
Ek gaan nou al die ander boeke van die skrywer lees. Hierdie boekie het my oë oopgemaak. Jinne, maar dit is werklik 'n lekker boekie gewees om te lees. Ek soek nog.
Elsa.
(reviewed 2 days after purchase)
Report this book