Dejavu & Destiny

Adult
Rated 4.75/5 based on 4 reviews
Die Romantiese Weergawe is geskik vir lesers wat daarvan hou om meer aan die verbeelding oor te laat!
Wat het daardie dag gebeur dat dit so ñ invloed op Miysis gehad het dat hy net eenvoudig nie kon aanbeweeg nie?
Daar word ñ skokkende geheim onthul.
Iemand haat haar so erg, wat nie sal skroom om te verhoed dat sy weer saam met die man sou wees wat haar hele hart en liggaam besit. More
Download: epub mobi (Kindle)
Words: 105,280
Box Set: Yes
Language: Afrikaans
ISBN: 9781310656248
About Flamingcrystal

~~~•••~~~
Hallo julle! Baie dankie dat julle my boek afgelaai het en vir die tyd wat julle daaraan gaan spandeer om dit te lees.
Ek is Marlaine Lloyd, ñ Afrikaanse skrywer en skryf onder my pen naam as Flamingcrystal. Ek woon in ñ klein dorpie Pongola in Kwazulu Natal, Suid-Afrika. Een van die mooiste klein dorpies in ons land waar daar nog geen verkeersligte is nie en waar almal nog omgee vir mekaar.
Die van julle wat my nog nie so goed ken nie, daar is ñ rede waarom ek al 6 my kindle eboeke en paperbacks wat op Amazon gepubliseer was, onttrek het...nie net omdat my dogter besig is met die vergemakliking van die hoofstukke en bladsye se navigasie nie, maar ook omdat ek medies ongeskik vir werk verklaar is, en my assuransie nie toelaat dat ek enige inkomste verdien uit my boeke nie, selfs al was my boeke gepubliseer lank voordat hulle my ongeskiktheids eis goedgekeur het.
Verdien ek enigsins iets uit my boeke kan hulle my maandelikse ongeskiktheids-toelae opskort.
Daarom sou al die inkomste uit my boeke na die weeshuis gaan, maar selfs dit sou gesien word as ñ inkomste!
My dogter het gedink dit is uiters onregverdig dat my familie en vriende nie meer my boeke by Amazon op die #Free #Gratis dae kon aflaai nie en sy het besluit om die hoofstukke en bladsye navigasies op elke boek te verbeter, en daarna het sy my boeke oorgelaai op Barnes and Noble Nook Books & Smashwords waar dit dan GRATIS aan my familie en vriende beskikbaar gaan wees.
Amazon het nie die opsie van gratis boeke nie behalwe wanneer dit vir slegs ñ paar dae op promosie is.
Tans is al my kindle eboeke en paperback boeke uit AL Amazon se sales channels ontrek deur bloot die 'untick' van die 'publish' blokkie. http://www.amazon.com/-/e/B00HMJYX8M Sodra ek hoor hoe ek my e-boeke permanent gratis kan maak vir julle op Amazon, sal ek julle laat weet.
My boeke Geeste Portaal, Fatal Fantasy en Dejavu & Destiny Romantiese Weergawe is gratis op Smashwords en op Barnes and Noble Nook Books.
~~~•••~~~

Flamingcrystal (Marlaine Lloyd) is an Afrikaans speaking author that currently lives in a small town, Pongola, in Kwazulu Natal in South Africa. She loves writing in the following genres: fiction, young adult paranormal, fantasy, horrors, thrillers and blushes when she writes erotica.
Flamingcrystal is a widow and has 2 beautiful daughters. Flamingcrystal was raised on a farm in the Orange Free State in South Africa.
She has a BA degree in Retail Marketing and is an #ASMSG member.

Also by This Author

Readers of This Book Also Read

Reviews

Review by: JohnnyWeizmuller on April 27, 2016 :
Hierdie bundel van twee fantasieverhale het my verras, al het ek vorige resensie gelees dat dit sulke goeie boeke is. Ek lees nie fantasie nie, weens persoonlike voorkeure, maar na 'n wenk van 'n ander skrywer het ek dit gelees.
Ek is beïndruk met hierdie twee verhale wat op mekaar volg, maar wat tog elkeen 'n verhaal op sy eie is. Die verhale het beide gelukkige eindes en eindig nie stomp nie. Die fantasie elemente is so deeglik beskryf dat dit werklik voel.
Die storielyn is baie deeglik beplan en uitgedink. Die stories boei die leser van die begin af. As 'n manlike leser is ek geneig om 'n boek vinnig neer te sit as dit nie goed is nie, maar hierdie twee het my werklik gebind. Ek moes dit klaar lees en kon nie wag nie.
Noudat Flamingcrystal my in fantasie ingelyf het, dink ek ek kan net soveel genot daar put as in aksie- en romantiese verhale. Hierdie twee verhale het 'n gesonde element van romanse. Flamingcrystal se skryfstyl vergelyk met die bestes.
(review of free book)

Review by: Adri Sinclair on April 06, 2016 :
Jare gelede, as my Ouma 'n boek klaar gelees het, en sy het dit geniet - het Ouma die boek toegemaak, in die verte gestaar en gesug: "Nou toe."
En dis presies wat ek gedoen het met die twee werke.
Hopenlik gaan Amazon vir my toelaat om die review te pos:!
Ek gaan nie die stories vir julle opsom nie, ek dink Flamingcrystal het haar goed van haar taak gekwyt met die beskrywing.
Wat ek gaan doen is vir julle vertel wat my indruk was.
Soos met 'n goeie gasvrou, het jy net meer gemaklik geword hoe langer jy kuier.
Die stories [beide] self was toegewikkel in 'n fantastiese mengsel van historiese gebeurtenisse en huidiglike ondervindings - wat die leser met 'n romantiese avontuur, uit die boonste rakke, beindruk.
My grootste kompliment aan Flamingcrystal gee ek ten opsigte van haar betowerende taalgebruik. Terwyl 'n mens sit en glimlag met die uit-en-uit Afrikaanse manier van woordspelings en uitdrukkings, word jy meegevoer met die mooiste beeldspraak, beskrywings en prosa.
Boonop is daar die emosionele uitleggings wat aan 'n mens se hart-stringe trek in 'n besonderse, skerp, [soms humoristiese].
Die karakters is ontwikkel met 'n diep sin vir menswees, en jy gaan die slegte mense haat, en die goeie mense liefkry sonder om twee keer daaroor te twyfel.

Natuurlik, wat 'n avontuur sonder 'n paar konkels en ompaaie? Net as jy dink jy weet wat nou gaan gebeur, draai Flamingcrystal jou netjies in jou spoortjies terug en veroorsaak hartkloppings!

Die liefde en romanse in die storie is ingewikkeld, en tog word jy blootgestel aan 'n wereld wat hunker en smag na meer - en een wat jou laat snak na jou asem en droomverlore staar.
Die twee boekke is die 'kuis' weergawes van Flamingcrystal se werke, en ek is baie bly om te se, dit was vervrissend dat die passie en sensuele aanhalings tog oorgedra is aan die lesers.
Ek vra om verskoning aan Flamingcrystal en ander lesers as my Afrikaanse spelling en so meer aaklig is - siende dat ek omtrent 20jaar laas werklik in my eie taal geskryf het, is dit 'n sonde - maar ek het probeer en ek hoop julle kry almal die boodskap wat ek probeer oordra duidelik.
Kry die boek, lees dit en besluit vir jouself - moet nie my woord daarvoor neem nie.
xxx
Adri.
(review of free book)

Review by: Elsanaude96 on April 06, 2016 :
Ek het hierdie boek aangeskaf omdat ek 'n ander skrywer se resensie gelees het. Fantasieverhale was nog nooit my idee van boeke nie. Flamingcrystal het my verras. Ek het binne die eerste tien persent van die boek geweet ek sal nie in staat wees om op te hou voor ek dit nie klaar gelees het nie.
Die tema van ewige liefde wat eeue span is werklik aan my opgedis en ek het dit ook baie geniet. Die onwerklike element van fantasie het sy as 'n werklikheid aan my voorgelê. Ek het ook 'n traan in beide boeke moes afvee. Die skrywer moet 'n liefdevolle mens wees om die liefde so mooi te projekteer. Sy het my nie een keer verveel nie. Die hoofstukke wat nie nommers het nie maar name is nogal mooi en dinge maak meer sin as wat nommers sou doen. Hierdie boek sal ek beslis op my hardeskyf bewaar om weer 'n keer te lees. Ek sal graag so liefgehê wil word soos wat Angela en Beryl liefgehad is.
Ek het hierdie boeke be-oordeel met 'n punt van 4.6 en derhalwe moet ek dit 'n volke vyf gee. Ek beveel hierdie boek aan vir lesers wat soos ek nie juis aan fantasie glo nie. Nou het sy my oorreed om nog fantasie boeke aan te durf. Die komende winter gaan ek my lang eensame aande met fantasie deurbring. Ek wag geduldig vir haar volgende boek.
(review of free book)

Review by: Johan Crous on April 04, 2016 :
Destiny en Dejavu, is 'n bundel van twee liefdesverhale, vanuit die pen van Flamingcrystal Softly Whisper. Dit is gebasseer op die fantasie genre.
Die verhaal bied die leser die liefde tussen twee mense wat oor verskeie eeue strek en waar die twee voor verskeie struikelblokke te staan kom. Hulle reïnkardineer om mekaar weer te kan liefhê.
Die boek spring vinnig weg en beweeg vinnig van land tot land en situasie na situasie. Die skryfster maak nie gebruik van tradisionele hoofstukname nie, maar elke hoofstuk gee 'n beskrywing wat 'n opskrif het en die boeke verstaanbaar an sin laat maak.
Die plotte van beide boeke is meesterlik uitgedruk. Die skryfster moes baie moeite gedoen het om 'n plot aan die leser oor te dra wat nie net sin maak nie maar interessant en boeiend is. Van boeiend gepraat, beide boeke boei die leser baie vroeg in die verhaal en dan kan die boek nie neergesit word voor jy die laaste blad nie eers klaar gelees het nie. Die boek is lankal klaar gelees terwyl die verhaal steeds in kop bly maal en jy hoop en bid die skrywer bring nog 'n boek uit oor hierdie twee se liefde.
Fantasieverhale kry dikwels kritiek by gebrek aan die vermoeë om die fantasie gedeelde geloofwaardig uit te beeld. Hierdie skrywer slaag een honderd persent daarin. Ek is self 'n skrywer en het al my skryfwerk eenkant geskuif om eers hierdie boek te geniet.
Die boek is goed versorg en die verhaal vloei goed. Die karakters word baie deeglik geprojekteer. Hierdie verhaal is weereens een van daardie verhale wat jy nie lees wat gebeur nie, die skryfster plaas jou daar. Jy beleef alles self, uit jou eie oë.
Welgedaan FSW. Ek hoop van harte jy gaan 'n derde boek in hierdie reeks uitbring. Hierdie twee boeke kan afsonderlik ook gelees word. Ek beveel dit met die grootste vrymoedigheid aan. Enige kritiek teen die boek? Ja, daar is nie nog nie!
(review of free book)

Report this book