Interview with Louw Erasmus

Waar het jy groot geword en het dit enige invloed op wat jy skryf?
Ek het op Cookhouse groot geword en was daar tot in std 5, waarna ons Graaff Reinet toe is.
Wat is die proses wat jy volg met jou skryfwerk?
Ek kry 'n storie in my kop, dan skryf ek onthou punte neer in 'n boek.
Wat is van jou gunsteling boeke wat jy geniet om te lees en hoekom?
Ek het Engels gelees soos Charles Dickens en Cowboy boeke. Dit was dun boeke en ek kon een maklik in 'n week deurlees.
Wat dink die familie van die skrywery en hoe ondersteun hulle jou?
My kinders ondersteun my geweldig en my vrou lag soms vir my oor die stories wat ek uitdink. My vriende is verbaas oor die skrywery.
Hoe bemark jy jou boeke?
Ek gebruik Whatsapp en FB. My twee seuns in New Zeeland help daardie kant, maar ek het drie groepe aan daardie kant gejoin so ek sal meer op Afrikaanse groepe aan daardie kant gebruik.
Wanneer het jy ernstig begin skryf?
Vyf jaar gelede, maar ek het probleme by die werk gekry toe begin ek weer na aftrede en ek was amper klaar met die eerste boek toe word my rekenaar gesteel en toe dink ek bogger julle ek gaan weer begin.
Hoe het die skrywery jou lewe verander?
Ja redelik want ek is heeldag besig om stories neer te skryf.
Wat beteken die lesers vir jou en jou skryfwerk?
Vir eers was dit meesal familie maar nou vra mense my al waneer kom die 2 de boek. Ek luister ook na wat hulle wil he ek moet probeer skryf.
Wat doen jy vir ontspanning?
Natuurlik rugby. Dan jag ek 2 keer 'n jaar. Ek is ook baie lief vir tuinmaak. Ek het seker nou vir sowat 8 mense Palistiena varkoor laat kry. Dit is baie skaars hier by ons en ek kweek hulle.
Beskryf vir ons jou lessenaar of werkplek en wat alles daarop lê?
Joh! Deurmekaar. My rekenaar tafel is in 'n sonnige hoek van die sitkamer. Veral in die winter doen die sonnetjie wonders vir my. Op die tafel? My bril, boeke met aantekeninge. Oorlog PC games ook want ek is lief om tussen die skrywery bietjie games te speel. Natuurlik geheue stokkies waarop ek my aantekeninge en boeke stoor.
Hoe verkies jy om jou skryfwerk te doen?
As ek in die tuin besig is en iets val my by en ek dink dit is goed, dan gaan tik ek n paar bladsye. As ek klaar is gaan ek dit oor om te kyk vir foute en regstellings. Lekker tyd vir my is van 5 uur tot 11 uur in die aand.
Wat insipeer jou in jou skryfwerk?
Ek het al die jare geweet ek gaan skryf maar is moeilik by die werk en noudat ek afgetree het moet ek klaarmaak wat ek wou doen.
Wat is die onderliggende boodskap wat mens behoort te sien uit jou boeke?
Mens kan enigiets doen as jy vasberade is.
Hoekom het jy besluit om jou nuwe boek 'Blixsem' te noem?
Ek probeer nie te vloek nie maar bliksem is 'n algemene woord wat jy se as jy iets verkeerd doen en ek het toe maar blixsem aangeleer.
Was daar 'n emosionele laagtepunt in jou lewe en het dit 'n invloed gehad op jou skryfwerk?
Ja ek het altyd vir my oorlede ma gese ek wil mense leer en ek het baie van my kennis na mense toe teruggeploeg. My ma het geweet ek wil graag skryf.
Wie het die grootse verskil in jou lewe gemaak?
My ma en my sussie wat ek nooit geken het nie. Na my ma se afsterwe het ek na my sussie begin soek en haar op Queenstown in die begraafplaas gekry. Sy is in 1948 oorlede.
Wanneer kan ons weer iets uit jou pen verwag?
Ek werk op die oomblik aan 'n opvolg van Blixsem.
Published 2016-07-27.
Smashwords Interviews are created by the profiled author, publisher or reader.

Books by This Author

Wilde-als
Price: $2.23 USD. Words: 107,490. Language: Afrikaans. Published: October 17, 2018 by Kameeldoring Boeke. Categories: Fiction » Horror » Crime, Fiction » Thriller & suspense » Crime thriller
Mensehandel kyk nie na ouderdom nie, kinders so oud soos vyf jaar word verkrag voor hulle verkoop word. Blixsem het opgebring nadat hy die CD gesien het, Wilde-als het die klein mensie verkrag, en daaroor gelag. Blixsem het weer 'n keer gesweer dat hierdie mense stadig doodgemaak gaan word. Sy vriend Tommie moes ook 'n hewige prys betaal en soms het Blixsem gevra, hoekom Here, gebeur dit met my.
Annette
Price: $2.10 USD. Words: 68,780. Language: Afrikaans. Published: May 28, 2018 by Kameeldoring Boeke. Categories: Fiction » Erotica » Women's Erotica
Twintig jaar gelede het my lewe hier op Ntuli in duie gestort en ek voel hoe die trane teen my wange afloop. Is die trane teen my wange omdat ek so na my ouers verlang of is dit oor wat met my gebeur het. Ek wil nie meer aan daardie dag dink nie, ek moet aan die plaas en aan die mense hier op die plaas dink.
Incy Wincy Spider
Price: $3.59 USD. Words: 71,290. Language: Afrikaans. Published: March 23, 2018 by Kameeldoring Boeke. Categories: Fiction » Mystery & detective » Hard-Boiled, Nonfiction » True Crime » Organized crime
As Blixsem die opdrag kry weet hy dit gaan moeilik wees. Blixsem haat die mense wat arm mense gebruik om ryk te raak. Die Geldgod aanbidders is weer in sy visier en amper kom hy self in die visier van hierdie moordenaars.
Tussen Jou en My
Price: $1.59 USD. Words: 86,600. Language: Afrikaans. Published: October 30, 2017 by Kameeldoring Boeke. Categories: Fiction » Adventure » Action, Fiction » Thriller & suspense » Crime thriller
Betina het haar borgvoorwaardes verbeur en nou is sy weg. Die Epos wat sy gestuur het was nie goeie nuus vir Blixsem of Anja nie. Blixsem se lewe was in gevaar solank Betina op vrye voet was. Uiteindelik tel Blixsem die spoor van Betina en Sam Reddy, haar Regs verteenwoordiger, in Durban op en dan los Blixsem nie.
Wraak
Price: $1.29 USD. Words: 72,830. Language: Afrikaans. Published: May 25, 2017 by Kameeldoring Boeke. Categories: Fiction » Adventure » Action, Fiction » Mystery & detective » Hard-Boiled
(4.00 from 1 review)
Ria het ʼn boodskap vir Blixsem gelos. Hy het haar terug geskakel, min wetende dat hy tweekeer by die dood sou omdraai. Blixsem het ʼn belofte gemaak, iets wat hy nooit verbreek nie. Dan sweer Blixsem wraak. Wraak wat diep gewortel is. Skoolkinders word deur die skurke misbruik om geld uit hulle en hulle ouers te mergel. Blixsem het ook groen koring op sy land.
Blixsem
Price: $1.49 USD. Words: 111,390. Language: Afrikaans. Published: July 6, 2016 by Kameeldoring Boeke. Categories: Fiction » Thriller & suspense » Crime thriller, Fiction » Mystery & detective » Hard-Boiled
Plaasmoorde is baie meer kompleks as wat mense dink. Een man wat tot die waarheid kan deurdring is Blixsem.
Basterhond
Price: $1.59 USD. Words: 151,260. Language: Afrikaans. Published: December 11, 2015 by Kameeldoring Boeke. Categories: Fiction » Inspirational, Fiction » Adventure » Travel
'n Polisieman erf sy pa se plaas noord van die Zoutpansberg. Die wildsplaas grens aan Venitia, 'n myndorpie by een van die rykste diamantmyne in die wêreld. Die Venetia myn is op 'n ryk diamant aar wat ook deur sy plaas loop. Wat hy nie geweet het nie is dat daar verskillende mense is wat hulle oog op die plaas en die renosters het vir hulle eie selfsugtige redes. Wat gaan Baster doen?