Interview with Luzia van Niekerk

Waar het jy groot geword en het dit enige invloed op wat jy skryf?
Ek is gebore in Aranos, Namibië. Ek was 10 jaar oud toe my pa die plaas verkoop en Upington, Noordkaap toe getrek het. Na ek 10 jaar daar groot geword het, is ek getroud. Dit het invloed op wat ek skryf, gedeeltes van my kinderjare sluimer deur.
Wanneer het jy ernstig begin skryf?
So twee jaar gelede.
Hoe het die skrywery jou lewe verander?
Drasties. Ek het dinge anders begin insien, dit het my ryper gemaak.
Wat beteken die lesers vir jou en jou skryfwerk?
Hulle beteken asboluut my hele lewe vir my en ook is hulle ‘n aansporing vir my skryfwerk. Ek wil amper sê, ek doen dit vir hulle.
Wat doen jy vir ontspanning?
Brei, hekel, naaldwerk, bak en brou en tuinwerk.
Beskryf vir ons jou lessenaar of werkplek en wat alles daarop lê?
Rekenaar, almanak en natuurlik potlood en papier vir aantekeninge. As ek ‘n gedagte kry, moet ek dit dadelik neerskryf, sodat dit nie verlore nie.
Hoe verkies jy om jou skryfwerk te doen?
Netjies, maklik leesbaar en in eenvoudige taal.
Wanneer kan ons weer iets uit jou pen verwag?
Binnekort.
Hoekom dink jy mense met depressie kan baat vind by jou boek?
Ek was ‘n depressielyer, wat ‘n siekte is, en dit is hoe ek genees is van die siekte.
Wanneer het jy die emosionele laagtepunt in jou lewe bereik?
Die oorgaan van laerskool na hoërskool.
Wat is die onderliggende boodskap aan jong mense wat emosioneel kwesbaar is?
Moenie dat seerkry jou ondergang beteken nie. Jy kan bo uit kom.
Hoekom het jy besluit om jou boek DIE JAKKALS te noem?
Depressie bekruip jou nes ‘n jakkals jou bekruip. Dis so slu soos ‘n jakkals.
Waarmee is jy op die oomblik besig?
Met navorsing vir ‘n volgende boek.
Wat insipeer jou in jou skryfwerk?
Om vir ander mense te kan help.
Wie het die grootse verskil in jou lewe gemaak?
My man wat die Here vir my gegee het.
Published 2014-02-03.
Smashwords Interviews are created by the profiled author, publisher or reader.

Books by This Author

Die Jakkals
Price: $1.55 USD. Words: 59,160. Language: Afrikaans. Published: January 25, 2014 by Kameeldoring Boeke. Categories: Nonfiction » Self-improvement » Depression, Nonfiction » Religion and Spirituality » Counseling
Sukkel jy met depressie? As jy doen, sal jy weet hoe dit voel om al hoe dieper in die donker gat afgetrek te word. Jy sal weet hoe dit voel as die JAKKALS sy tande in jou inslaan!. Die boek het vir Luzia uit haar depressie gehaal en nou kan sy vir die eerste keer regtig die lewe geniet. Die boek kan ander depressielyers ook help om na Bo te kyk, die Lig te sien en uit die diep gat te klim.