Elainedupreez

Biography

Single.
Love reading hot romances.

Smashwords book reviews by Elainedupreez

  • Pauline Vind Geluk on Feb. 29, 2016

    'n Stunning boek propvol liefde tussen 'n ouer vrou en 'n jonger man. Die liefde is so mooi en hul liefde word voor 'n baie groot toets gestel, maar ware liefde druk deur. Hier word sommer vir drie vrouens om hul hand gevra in hierdie boek. Daar is baie aksie in en dit is ook wreed. Die bedtonele is stomend, maar geensins lelik nie. Hierdie ou mag maar skryf.
  • Sonja se Sonde on Feb. 29, 2016

    Ek stem saam, hierdie is 'n mooi boek. Ek het gevoel ek wil in die boek klim en die Deon karakter aan sy keel gryp en hom verwurg. Ek stem saam met Elsa en Lynette, hierdie hoek moet elke vrou lees. Sjoe, die bedtonele tussen Sonja en haar man het my asem laat jaag. Dit is so mooi beskryf, sonder enige lelik, maar daar word klem gelê op die emosies. Die einde is so mooi.
  • Die Spanjaard on Feb. 29, 2016

    Hierdie is nogal 'n mooi boek. Die skrywer skep die weerstand tussen die heldin en die Spanjaard, net om dit om te swaai na berou en liefde. Ek het dit nogal geniet.
  • Anton se Begeerte. on Feb. 29, 2016

    Ek het my oë uit gehuil in hierdie boek, op drie plekke. Dit is so ongelooflik mooi. Hirdie is 'n boek wat ek moes klaar lees voor ek gaan slaap het.
  • Tanya se tweede keer on Feb. 29, 2016

    Hierdie volwasse boekmis regtig 'n mooi boek. Tanya se liefde vir die ouer man is so mooi. As 'n ouer man almal so is, dan kies ek ook een. Tanya se liefde groei vir hierdie man en sy het hom ook lief met dieselfde passie. By hom ervaar sy volle vervulling, respek en geluk, wat sy nie by haar eerste man gekry het nie. Natuurlik sal sy hom ook liefhê, ook in die slaapkamer. Hulle grond hul verhouding op kommunikasie en hulle doen alles saam. Tanya onderwerp haar volkome aan Meyer, maar sy kan net sowel die broek dra, want sy word niks geweier nie en sy kan niks verkeerd in sy oë doen nie. Jaco bedreig hul geluk vanuit die tronk, hy wil wraak neem. Tanya smag na 'n kindjie van haar eie. Al het hierdie boek ook slaapkamertonele in, beveel ek dit vir enige iemand aan. Dit was ongelooflik mooi.
  • Yolanda se Beurt on Feb. 29, 2016

    Ek verstaan hierdie boek is die skrywer se eerste verhaal. Dit is so pragtig en jy kan dit nie neer sit nie. Die verhaal,is so boeiend, mooi en skoon. Marius raak die eerste keer werklik aan Yolanda na hulle verloof geraak het. Johan beskryf die geluk wat 'n meisie ervaar wat nie so mooi soos haar vriendinne is nie, en nooit met hulle kom kompeteer nie. Hulle liefde is nie net maanskyn en rose nie, en word tot die uiterste beproef. Ek beveel hierdie boek ten sterkste aan.
  • Omnibus 1 on Feb. 29, 2016

    Dit is vier boeke in een. Jy lees lekker lank hieraan. Al vier verhale is goed.
  • Adri on Feb. 29, 2016

    Ware liefde seevier altyd. Die twee verliefdes kom eers na tien jaar weer bymekaar uit en smag steeds na mekaar. Hul stryd om by mekaar uitvte kom word baie mooi beskryf, ingevleg met ander partye, die gimnasium lewe, sosiale media en sport. Hul liefde het amper 'n tweede keer skipbreuk gely. Wat 'n pragstuk van 'n boek.
  • Ilse on Feb. 29, 2016

    Die liefde tussen 'n ouer vrou en jonger man. Hul liefde groei tot 'n voorval alles bederf. Die boek is vol verrassings, soos ongelukke, ontnugterings, twyfel, senu-ineerstortings, swangerskap, en natuurlik die liefde.
  • Leoni word groot on Feb. 29, 2016

    Dit is 'n pragtige boek, van 'n skooldogter wat ontluik in 'n getroude vrou. Sy ontmoet haar sosiale media held, na hy amper verlam is. Sy leerd die mens ken en hul liefde groei al meer. Hulle hetvhul versoekings, die begeertes is daar, maar na 'n byna breuk praat hulle alles uit. Die boek het 'n verrassende einde.
  • Paula on Feb. 29, 2016

    Pragtige ouer vrou en jonger man verhaal. Ten spyte van haar geskendheid trou Werner met Paula en gee haar weer geluk.
  • Daardie Nag on Feb. 29, 2016

    Sjoe! Hierdie is 'n puik verhaal. Dit is nie lank nie. So ongeveer 47700 woorde. Dit is die beste wat ek in 'n baie lang tyd gelees het. Die twee tonele het my na my asem laat snak, maar die klem is op die emosies en nie op die daad nie. As liefde altyd so onselfsugtig en mooi kan wees soos dit hier beskryf word, dan sal die hele wêreld verander. Die skrywer projekteer hier 'n liefde wat alles opoffer, onselfsugtig en so ongelooflik diep en mooi. Die hoofkarakter se twyfel en stryd of haar man aan haar ontrou is en of hy haar gaan skei hou die leser lank in twyfel. Dan kom die verrassing. Hierdie boek sal ek aan enige vrou aanbeveel met die grootste vrymoedigheid. Ek wonder of die skrywer nie dalk van 'n skuilnaam gebruik maak nie, want die boek is in die eerste persoon geskryf uit Debbie se oogpunt. Hy beskryf haar gemoed tot in die fynste detail. Die tonele is werklik stomend warm, maar puik!
  • Fatal Fantasy on March 06, 2016

    Hierdie boek is voorwaar 'n meesterstuk. Ek is deur 'n ander skrywer aanbeveel om hierdie boek te lees, en hy is reg gewees. Hierdie liefdesverhaal speel grotendeels af in 'n aanlyn geselsekamer, wat my baie laat terug dink aan my Mixit dae. Die twee karakters weet gou hulle wil mekaar hê en beide moet deur diep waters gaan om weer voor mekaar te kan staan. Die leser weet tot kort voor die einde nie wat gaan gebeur nie. Die skrywer het die twee se persoonlike waardes baie mooi beskryf en hulle hou daarby. Van die eerste paar bladsye het die skrywer my vasgevang in hierdie boek en ek kon nie ophou voor ek nie diep in die nag klaar gelees het nie. FSW, jy het voorwaar 'n pragtige storie geskryf, wat ek baie geniet het. Ek wil baie graag jou ander boeke ook lees. Jy is 'n vrou wat weet hoe om nie net die boek te skryf nie, maar ek sien dit voor my gebeur. Jy weet presies hoe om jou idee oor te dra. Moet nooit ophou skryf nie.
  • Geeste Portaal on March 22, 2016

    'n Kannie-neersit-leesgenot. 'n Boek vir jong mense, gebasseer op fantasie en verbeelding, van 'n tiener / jong meisie wat die geleentheid gebied word om straf uit te deel oor almal wat haar te na gekom het. Ek het hierdie verhaal baie geniet en enige een kan dit lees.
  • Soekie on May 18, 2016

    Ek is mal oor hierdie boek. Johan het na my hart gespreek. Die hoofkarakter het haar hande vol gehad om die jong manne uit haar broekie te hou. Sy oefen haar keuses uit en hou daarby, ongeag haar teenstand van die mans. Die verhouding tussen die jonger vrou en ouer man bly my fassineer. Dit is goed beskryf. Die vrae waarmee sy gekwel is oor sekere dinge op seksuele gebied, het ek ook al oor gewonder. Sy moes self uitvind. Dit is baie goed en diskreet beskryf. Die leser kan kies watter weergawe hy of sy wil lees. Met of sonder seks. Die weergawe met seks was my keuse en ek het dit besonders geniet.