Flamingcrystal

Biography

~~~•••~~~
Hallo julle! Baie dankie dat julle my boek afgelaai het en vir die tyd wat julle daaraan gaan spandeer om dit te lees.
Ek is Marlaine Lloyd, ñ Afrikaanse skrywer en skryf onder my pen naam as Flamingcrystal. Ek woon in ñ klein dorpie Pongola in Kwazulu Natal, Suid-Afrika. Een van die mooiste klein dorpies in ons land waar daar nog geen verkeersligte is nie en waar almal nog omgee vir mekaar.
Die van julle wat my nog nie so goed ken nie, daar is ñ rede waarom ek al 6 my kindle eboeke en paperbacks wat op Amazon gepubliseer was, onttrek het...nie net omdat my dogter besig is met die vergemakliking van die hoofstukke en bladsye se navigasie nie, maar ook omdat ek medies ongeskik vir werk verklaar is, en my assuransie nie toelaat dat ek enige inkomste verdien uit my boeke nie, selfs al was my boeke gepubliseer lank voordat hulle my ongeskiktheids eis goedgekeur het.
Verdien ek enigsins iets uit my boeke kan hulle my maandelikse ongeskiktheids-toelae opskort.
Daarom sou al die inkomste uit my boeke na die weeshuis gaan, maar selfs dit sou gesien word as ñ inkomste!
My dogter het gedink dit is uiters onregverdig dat my familie en vriende nie meer my boeke by Amazon op die #Free #Gratis dae kon aflaai nie en sy het besluit om die hoofstukke en bladsye navigasies op elke boek te verbeter, en daarna het sy my boeke oorgelaai op Barnes and Noble Nook Books & Smashwords waar dit dan GRATIS aan my familie en vriende beskikbaar gaan wees.
Amazon het nie die opsie van gratis boeke nie behalwe wanneer dit vir slegs ñ paar dae op promosie is.
Tans is al my kindle eboeke en paperback boeke uit AL Amazon se sales channels ontrek deur bloot die 'untick' van die 'publish' blokkie. http://www.amazon.com/-/e/B00HMJYX8M Sodra ek hoor hoe ek my e-boeke permanent gratis kan maak vir julle op Amazon, sal ek julle laat weet.
My boeke Geeste Portaal, Fatal Fantasy en Dejavu & Destiny Romantiese Weergawe is gratis op Smashwords en op Barnes and Noble Nook Books.
~~~•••~~~

Flamingcrystal (Marlaine Lloyd) is an Afrikaans speaking author that currently lives in a small town, Pongola, in Kwazulu Natal in South Africa. She loves writing in the following genres: fiction, young adult paranormal, fantasy, horrors, thrillers and blushes when she writes erotica.
Flamingcrystal is a widow and has 2 beautiful daughters. Flamingcrystal was raised on a farm in the Orange Free State in South Africa.
She has a BA degree in Retail Marketing and is an #ASMSG member.

Where to find Flamingcrystal online


Books

Die Towenaar
Price: Free! Words: 3,760. Language: Afrikaans. Published: August 30, 2016. Categories: Fiction » Horror » Undead
Vicky word lewendig deur die boom gees ingesluk en sy word opgelei as 'n teister gees. Vicky moet wraak neem op Khetsiwe die toordokter/towenaar wat' n hele paar families 'n groot en uiters wrede onreg aangedoen het. Die Towenaar maak gebruik van mense se bygelowe om hulle te manipuleer. Vicky roep die hulp in van die boom gees. Gaan sy suksesvol daarin slaag om die towenaar te straf?
Die Minnaar
Price: Free! Words: 6,510. Language: Afrikaans. Published: August 30, 2016. Categories: Fiction » Young adult or teen » Paranormal
Geeste teleporteer uit ñ eienaardige boom met twee mismaak gevormde gesigte in sy bas. Vicky word lewendig deur die boom ingesluk en sy word opgelei as 'n teister gees. Vicky moet wraak neem op die rokjagter Charlie, wat haar ñ baie groot onreg aangedoen het. Hy het haar byna haar lewe gekos.
Bloeddorstige Dorings
Price: Free! Words: 3,140. Language: Afrikaans. Published: August 30, 2016. Categories: Fiction » Fantasy » Paranormal
Die verlate kasteel sorg vir groter opwinding as wat Charismé verwag het. Sy ontdek dat die volgende kleure 'n baie belangrike rol in en om hierdie kasteel speel: Goud, Silwer, Brons en Oniks. Daar is 'n sement dam gebou in die middel van 'n marmervloer. Sy maak kennis Rudolf, Wianca en Charléne en Gizelle. Rudolf lyk baie skuldig oor iets. Gizelle is 'n ook 'n beeldskone vrou met 'n geheim...
Dejavu & Destiny
Price: Free! Words: 105,280. Language: Afrikaans. Published: March 24, 2016. Categories: Fiction » Romance » Contemporary
(4.75 from 4 reviews)
Die Romantiese Weergawe is geskik vir lesers wat daarvan hou om meer aan die verbeelding oor te laat! Wat het daardie dag gebeur dat dit so ñ invloed op Miysis gehad het dat hy net eenvoudig nie kon aanbeweeg nie? Daar word ñ skokkende geheim onthul. Iemand haat haar so erg, wat nie sal skroom om te verhoed dat sy weer saam met die man sou wees wat haar hele hart en liggaam besit.
Fatal Fantasy
Price: Free! Words: 40,650. Language: Afrikaans. Published: November 19, 2015. Categories: Fiction » Fantasy » Contemporary, Fiction » Romance » Fantasy
(5.00 from 6 reviews)
Sonja beland in ñ aanlyn geselskamer en hier ervaar sy skokkende dinge, waarvan die meeste mense egter salig onbewus is! Herman Die Helsim was die oorsaak dat Sonja in hierdie aanlyn geselskamers beland het. Hier maak Sonja kennis met: Die Flerrie, Alice Die Fortuin Soeker, Die Vulgêre Klipspringer, Die Slinkse Honeylicious en Die Vuil Vet Nimfomaan...en Marius, enige vrou se droom man.
Geeste Portaal
Price: Free! Words: 48,080. Language: Afrikaans. Published: October 31, 2015. Categories: Fiction » Horror » Ghost
(4.50 from 4 reviews)
Geeste teleporteer uit ñ mismaak gevormde boom met twee gesigte in die boom se bas. Vicky word geselekteer om as ñ teister gees opgelei te word. Sy word deur die boom ingesluk en moet wraak neem op twaalf mense wat aan haar ñ onreg gedoen het voordat sy weer as lewende tiener na haar wêreld kon terugkeer. Sy moet onderskei tussen hierdie mense se ego, siel en self, om hulle suksesvol te manipuleer

Flamingcrystal's tag cloud


Smashwords book reviews by Flamingcrystal

  • Pauline Vind Geluk on Feb. 07, 2016
    (no rating)
    4 Star Review * I received an ARC for reviewing purposes* Lesers sal hou van Johan se boeke omdat hy glo in 'happily ever after' stories waar sy uiters romantiese manlike karakter die grond aanbid waarop die vrou van sy hart loop. Die soort man van wie enige vrou droom: ñ man wat goeie maniere het, nog die kar se deur vir haar oopmaak, haar gerief altyd eerste stel (selfs in die slaapkamer) en niks is ooit te veel moeite vir hom om haar gelukkig te maak nie. Die klein dingetjies wat die meeste tel, vir haar doen, sonder om sy pond vleis daarvoor te wil eis. (Pssst jy weet wat ek bedoel...) Die held en heldin word in situasies geplaas waar hulle liefde vir mekaar tot die uiterste beproef word.
  • Sonja se Sonde on Feb. 26, 2016
    (no rating)
    Die skrywer plaas sy karakters in moeilike situasies, wat tog in die werklike lewe gebeur, skokkende dinge wat enige standvastige huweliksbootjie wat deur hierdie rowwe golwe seil, kan laat kantel... Hoe herstel ñ mens iets soos vertroue en respek wat gebreek word? Kan mens dit werklik aanmekaar plak soos die skerwe van ñ gebreekte spieël en tussen die krake deur die liefde wat julle vir mekaar het, raaksien? Hierdie boek is ñ boek met twee erotiese tonele. Warm slaapkamer tonele. As jy ñ kloosterkoekie is wat weghol as jy net die woorde 'seks of 69' hoor, beter jy nou al ñ u-turn maak en so vinnig as wat jy kan weghol. Ek daag jou egter uit om hierdie boek te lees, dalk leer jy iets waarvan jy nog net gedroom het... 4 Star Review.
  • Tanya se tweede keer on March 13, 2016
    (no rating)
    Hierdie boek is beslis vir Afrikaans sprekende bewonderaars van #FiftyShadesOfGrey, hoewel dit sonder die BDSM tonele van Fifty Shades is. Ons almal onthou ons 'honeymoons' en die strepie oor die bolyf 'tan'... mens bly mos maar heeltyd in die kamer en maak die gordyne soms op n skrefie oop om te sien of die son nog skyn. Tanya se tweede keer herinner my aan mens se honeymoon dae. Waar mens net eenvoudig nie genoeg van mekaar kon kry nie. Mekaar nonstop vir ure aaneen kon soen en bemin sonder om asem te skep. Tanya se eerste man was ñ nat-agter- die-ore kellerprins (doos met ñ kraan aan) wat haar nooit bevredig het nie en net na sy eie belange omgesien het. ñ Springhaas "wham bam thank you mam" sonder die thank you. Hy het haar nie liefgehad nie. Sy was vir hom ñ matras, ñ besitting. Nadat hy haar erg aangerand het, skei sy van hom en ontmoet sy die liefde van haar lewe en by hom leer sy vir die eerste keer seksuele vervulling ken. Ek stem saam dat dit vir Tanya beslis beter is met die man wat heelwat ouer as sy is. "Rather an older man's darling than a young one's slave."
  • Soekie on May 07, 2016

    Ek hou van die skrywer se romantiese Afrikaanse boeke, en dit is absoluut ñ puik idee om ñ interaktiewe boek te hê waar die lesers self kan kies of hulle die skoon weergawe sonder witwarm seks wil lees, of die witwarm gedeeltes wil lees. Dit is maar n 'mood thing' een dag is mens meer daartoe geneë om miss goody two shoes se gedeelte te lees en nie wil bloos nie, ander dae wink die witwarm dele jou nader. Ek het die storie geniet, daar was tye wat ek vir Soekie wou gryp en haar skud dat haar tande klap omdat sy agter klatergoud aan hardloop, terwyl die egte goud reg onder haar neus op haar drumpel is.
  • Verwronge Wraak on May 26, 2016

    Johan Crous ek kan met eerlikheid sê dat Verwronge Wraak vir my interessant was. Ek hou van speurverhale waar daar ñ goeie storielyn is en die storie nie net bestaan uit ñ gevroetel tussen die lakens en matras gimnastiek nie. Jy het die moordenaar op so wyse beskryf dat mens in sy gedagtes kon inklim en kon verstaan waarom hy die moorde gepleeg het. Hier kan ek nou die spreekwoord verander en sê "hell has way less fury than a sex-hungry man scorned." Ek hoop regtig dat jy meer sulke interaktiewe speurverhale waar lesers kan kies tussen die skoon weergawe wat net ñ tikkie romanse bevat soos hierdie een, of die vuurwarm weergawe vir ons gaan skryf. Ek't die skoon weergawe gekies. Ek wil nie van my stoel afgly nie *bloos*