Frances Frans

Biography

Frances N. Frans, is ‘n gekwalifiseerde onderwyseres en weduwee. Sy is woonagtig te Pacaltsdorp saam met haar enigste kind, Byron.

Smashwords Interview

Waar het jy groot geword en het dit enige invloed op wat jy skryf?
Ek`t grootgeword in Pacaltsdorp, Wes-Kaap, Suid -Afrika. Die omgewing waarin ek bly gaan gebuk onder egskeiding en die daaropvolgende hartseer in gesinne. Verwerping het ook menigmaal aan my deur kom klop en ek kan dus identifiseer met geknakte vroue.
Kan jy nog die eerste kort storie onthou wat jy geskryf het?
Dit het gehandel oor die hartseer wat `n jongmeisie deurgaan as haar geliefde haar verlaat. Ek skryf al van my kinderdae strokiesprente en kort toneelstukkies. Op skool en onderwyskollege was my opstelle altyd `n aansporing vir almal. Ek is tans drama opvoeder by my skool en skryf my eie toneelstukke.
Read more of this interview.

Books

Ek moet Praat
Price: $1.39 USD. Words: 24,160. Language: Afrikaans. Published: November 20, 2016 by Kameeldoring Boeke. Categories: Essay » Sociology, Nonfiction » Religion & Spirituality » Christian Life / Family
Frances “MOET PRAAT” en het dinge wat sy van haar hart af moet kry. In hierdie bundel kort sketse praat sy met die vrou wat al die bitter beker tot op die bodem geledig het. Die een wat voel dat sy nie meer kan voortgaan nie. Daar is hoop vrou! God weet van jou en Hy gee om!!

Frances Frans' tag cloud

gebed    liefde    moederskap    molestering    selfmoord    verhoudings