Juanita Swart

Publisher info

Juanita Swart is gebore in Pretoria in 1977. Hier het sy groot geword en op 8 jarige ouderdom haar eerste storie geskryf. Sy onthou nog goed die vakansie kuier by haar tannie waar die enigste papier wat beskibaar was om op te skryf ‘n kladboekie was. Elke woord van haar storie het dus dubbel deurgekom! Die eerste storie uit haar pen was oor ‘n vliegtuig wat geval het en 13 oorlewendes moes veg vir oorlewing, teen die elemente en mekaar. Niemand kon glo die 8 jarige meisie het in 1985 die storie geskryf nie!

In die Hoërskool vind Juanita haar liefde vir Poësie en begin dig. Latere jare verskyn een van haar eerste gedigte “Vrees” in die “Poetry Institute of Africa” se digbundel “Different Horizons” Dit word opgevolg met haar gedig “Pa” in hul volgende uitgawe.

In 2013 sluit Juanita aan by ‘n groepie skrywers en uit haar pen vloei “Afgehandel”. Die storie van Belinda. ‘n Lewensmoeë Maatskaplike werker wat teen haar eie demone veg terwyl sy gebroke siele probeer red. Belinda se lewe neem ‘n skrikwekkende wending wanneer jare lange se haat en pyn uitborrel en sy die onmenslike doen.

Juanita se hoop is dat haar stories mense se lewens sal aanraak en dat hulle sal aanhou wonder, wat gaan sy volgende skryf?

Where to find Juanita Swart online

Facebook: Facebook profile

Publisher of



Stellamarie
Price: $5.85 USD. Words: 51,660. Language: Afrikaans. Published: December 8, 2017 by Juanita Swart. Categories: Fiction » Science fiction » General
Die buiteaardse ruimteverkenner, Leo, is nou getroud met Elana, die dokter wat haar oor hom ontferm het net na hy op aarde geland het. Hulle het albei vermoed dat hulle nie kinders sou he nie, maar dan word ‘n dogtertjie tog gebore. Haar naam Stellamarie (Stermarie) verwoord sy verlange na sy verlore wereld. Sy erf baie van haar pa se psigiese vermoens.
Leo
Price: $5.85 USD. Words: 51,710. Language: Afrikaans. Published: December 8, 2017 by Juanita Swart. Categories: Fiction » Science fiction » General
'n Buiteaardse ruimteverkenner, afkomstig van 'n volmaakte, sondelose planeet, oortree die reel om nooit met die aarde kontak te maak nie omdat hy 'n plaasmoord wil verhoed. Sy ruimtetuig stort neer en sy onsterflikheid word in 'n pynlike proses uit hom gebrand. Hy het sy hele wereld verloor en kan nooit weer terugkeer nie.
Donker pad na die lig
Price: $5.85 USD. Words: 53,380. Language: Afrikaans. Published: December 8, 2017 by Juanita Swart. Categories: Fiction » Inspirational
Giel Steytler wou 'n seun gehad het. 'n Groot, fris boereseun, 'n waardige erfgenaam vir die familieplaas. Toe kry hy eers 'n dogter en jare later 'n klein, fyn, pieperige en oorgevoelige seuntjie wat nie wil jag nie, niks kan slag nie en, van alle dinge, prentjies teken. Sy teleurstelling sit oor in toenemende kindermishandeling- veral nadat hy 'n kopbesering in 'n motorongeluk opdoen
Vidia in Clackington
Price: $4.43 USD. Words: 24,620. Language: English. Published: December 5, 2017 by Juanita Swart. Categories: Fiction » Fantasy » Paranormal, Fiction » Horror » Weird fiction
Vidia is a small town girl looking for adventure. But when she finds out there’s secrets in this town and gets caught up in the towns dangers she becomes confused and scared. Vampires? Maybe this town holds too many secrets. Will Vidia survive this town and the horrible people who live in it, or will she become part of the problem? Read this incredible novel written by Zetwee Hattingh.
Striksvye
Price: $7.26 USD. Words: 31,020. Language: Afrikaans. Published: December 4, 2017 by Juanita Swart. Categories: Fiction » Humor & comedy » General, Fiction » Inspirational
Striksvye is ‘n bundel kortverhale wat met seerkry- maar ook oorwinningstemas. Dit roer, ontstel, hou jou gevange en bring soms jou eie turksvybos op die voorgrond. Maar bowenal, laat Striksvye jou besef dat die soetste vrugte tussen die skerpste dorings groei.
Manifestation Of Esoteric Perceptions
Price: $7.45 USD. Words: 3,760. Language: English. Published: October 4, 2017 by Juanita Swart. Categories: Nonfiction » Religion and Spirituality » Spiritual awakening
The book “Manifestation of Esoteric Perceptions” comprises of the author’s experiences about life, universal mysteries, ancestry, Sacred locations and species. The author also decodes incomprehensible Spiritual codes. Sometimes the solution to life’s deepest mysteries are found in the most unlikely places. Most of those solutions you will find in this book.
Stories van my mense
Price: $11.50 USD. Words: 29,380. Language: Afrikaans. Published: August 27, 2017 by Juanita Swart. Categories: Essay » Literature
Stories van my mense is presies wat die titel sê: Stories van my mense. Sedert 2013 het ek begin om my mense se stories as rubrieke voor te lê aan Volksblad (Netwerk24) en telkens duim vasgehou om my mense se stories op koerantpapier te sien. My stories is vir elkeen wat in ‘n rubriek ‘n rol gespeel het. Dankie vir die saamkuier, saamlag en saamhuil. En dat ek jul stories kon vertel.
Hartswoorde
Price: $9.09 USD. Words: 11,980. Language: Afrikaans. Published: August 26, 2017 by Juanita Swart. Categories: Fiction » Poetry » African Poetry
Die Bundel “Hartswoorde” verwoord ‘n verskeidenheid liefdestemas. Naasteliefde, liefde vir jou lewensmaat, liefde vir die natuur en die Agape-liefde vir God, was die wegspringblokke vir gretige Digters wat die geleentheid met ope arms aangegryp het om saam te kan bundel met ander lede van die blad.
My Klippie in die Karoo
Price: $9.09 USD. Words: 20,070. Language: Afrikaans. Published: August 22, 2017 by Juanita Swart. Categories: Fiction » Inspirational
Gewone mense beland soms in ongewone situasies. My Klippie in die Karoo is 'n bundel propvol lekkerlees kortverhale en gedigte. Francois le Roux is in die moeilikheid nadat hy 'n werktuigkundige geklap het; 'n Skool onnie sukkel met 'n leerling wat sy Engelse toets druip; Lisa Bekker beland in 'n gevaarlike situasie, nadat haar motor se band op die snelweg gebars het.
Nostalgie
Price: $8.90 USD. Words: 38,590. Language: Afrikaans. Published: August 11, 2017 by Juanita Swart. Categories: Essay » Literature, Fiction » Anthologies » Short stories - multi-author
Hierdie handvol nuwe skrywers het SA Stories se skryfuitdaging met die tema, Nostalgie, met beide hande aangegryp en kortverhale gelewer wat met trots langs die bekendste skrywers s’n uitgestal kan word. Van semi-spookstories tot ware onthou-vertellinge uit vervloë dae word die leser teruggevoer na ’n tyd toe dinge net soveel minder ingewikkeld – en lekkerder was.

Books

Moord Oord
Price: $7.10 USD. Words: 44,170. Language: Afrikaans. Published: December 14, 2016. Categories: Fiction » Thriller & suspense » Crime thriller
Simoné Barnard word gekeur om by die welbekende Maison de Beauté te gaan studeer. Vir haar is dit ‘n welkome uitkoms van haar ouerhuis en sy pak die jaar aan met vooruitsigte van vryheid, deels om haar eie mens te word, maar ook om haar droom te verwesenlik om mense “mooi” te maak. Maar by Die Oord begin mense om haar dood te gaan.....
Afgehandel (2de uitgawe)
Price: $6.00 USD. Words: 17,910. Language: Afrikaans. Published: December 7, 2016. Categories: Fiction » Thriller & suspense » Crime thriller, Fiction » Mystery & detective » General
Belinda is ‘n middeljarige maatskaplike werker wie se demone uit haar verlede weer opduik wanneer sy ‘n berig op die radio hoor van ‘n geliefde onderwyser wat vermoor is. Wanneer sy die huis gaan besoek van een van haar pasiente neem een van hierdie demone in haar oor en verander haar lewe onherroeplik.

Juanita Swart's tag cloud