Juanita Swart

Publisher info

Juanita Swart is gebore in Pretoria in 1977. Hier het sy groot geword en op 8 jarige ouderdom haar eerste storie geskryf. Sy onthou nog goed die vakansie kuier by haar tannie waar die enigste papier wat beskibaar was om op te skryf ‘n kladboekie was. Elke woord van haar storie het dus dubbel deurgekom! Die eerste storie uit haar pen was oor ‘n vliegtuig wat geval het en 13 oorlewendes moes veg vir oorlewing, teen die elemente en mekaar. Niemand kon glo die 8 jarige meisie het in 1985 die storie geskryf nie!

In die Hoërskool vind Juanita haar liefde vir Poësie en begin dig. Latere jare verskyn een van haar eerste gedigte “Vrees” in die “Poetry Institute of Africa” se digbundel “Different Horizons” Dit word opgevolg met haar gedig “Pa” in hul volgende uitgawe.

In 2013 sluit Juanita aan by ‘n groepie skrywers en uit haar pen vloei “Afgehandel”. Die storie van Belinda. ‘n Lewensmoeë Maatskaplike werker wat teen haar eie demone veg terwyl sy gebroke siele probeer red. Belinda se lewe neem ‘n skrikwekkende wending wanneer jare lange se haat en pyn uitborrel en sy die onmenslike doen.

Juanita se hoop is dat haar stories mense se lewens sal aanraak en dat hulle sal aanhou wonder, wat gaan sy volgende skryf?

Where to find Juanita Swart online

Facebook: Facebook profile

Books

Vir ewig en vir altyd, en ander gruwelverhale
Price: $6.00 USD. Words: 31,950. Language: Afrikaans. Published: July 29, 2020 . Categories: Fiction » Horror » General
Die kortverhale in Vir ewig en vir altyd, en ander gruwelverhale, sal jou ongemaklik laat voel, elkeen op sy eie manier. Daar is spoke, zombies, vreemde vlieënde voorwerpe, moordenaars en soveel meer om jou net nog bietjie banger te maak vir mense en dinge rondom jou. In hierdie bundel verskyn twaalf van Juanita Swart se kortverhale wat elke leser na sy asem sal laat snak.
Moord Oord
Price: $7.10 USD. Words: 44,170. Language: Afrikaans. Published: December 14, 2016 . Categories: Fiction » Thriller & suspense » Crime thriller
Simoné Barnard word gekeur om by die welbekende Maison de Beauté te gaan studeer. Vir haar is dit ‘n welkome uitkoms van haar ouerhuis en sy pak die jaar aan met vooruitsigte van vryheid, deels om haar eie mens te word, maar ook om haar droom te verwesenlik om mense “mooi” te maak. Maar by Die Oord begin mense om haar dood te gaan.....
Afgehandel (2de uitgawe)
Price: $6.00 USD. Words: 17,910. Language: Afrikaans. Published: December 7, 2016 . Categories: Fiction » Thriller & suspense » Crime thriller, Fiction » Mystery & detective » General
Belinda is ‘n middeljarige maatskaplike werker wie se demone uit haar verlede weer opduik wanneer sy ‘n berig op die radio hoor van ‘n geliefde onderwyser wat vermoor is. Wanneer sy die huis gaan besoek van een van haar pasiente neem een van hierdie demone in haar oor en verander haar lewe onherroeplik.
Back to profile overview

Juanita Swart's tag cloud