Madelé Burger

Publisher info

Toortsie skryf daagliks op haar blog, wat te kry is by toortsie.com

Ek volg die Bantingleefstyl sedert 2014 en het reeds die volgende boeke gepubliseer:
1) Toortsie se Bantingboerekos
2) Toortsie’s Banting Bash! (Printed and e-book)
3) Hier’s die Toortsie weer!
4) My kinderjare met betrekking tot vandag (outobiografie)
5) Toortsie se Soetighede (Gedruk en e-boek)

As publiseerder publiseer ek boeke namens die Goue Vroue. https://www.smashwords.com/profile/view/Gouevroue.

Smashwords Interview

Wanneer het jy begin skryf?
My eerste skryfwerk was 'n gebedsjoernaal. Heel aan die begin het ek dit gedoen op rekenaar, maar later het ek 'n A4 boek gekry waarin ek 'n bladsy vol moes skryf as gebed. Dit het my help fokus. Daar, aan die voete van die Here het ek leer skryf. Toe ek later vir 'n Christelike Traumaberadingskursus ingeskryf het, het die dosent my telkens geprys vir my goeie taalgebruik. My eerste werklike skrywery het begin toe ek sowat tien jaar gelede begin blog het. Daarná was daar geen keer nie. Toe ek in Julie 2014 begin het met die Banting leefstyl, het die resepteboeke gevolg. Ek kyk nie een oomblik terug nie. Skryf is so lekker, bevrydend en maak vir my baie deure oop. Ek is baie dankbaar dat dit oor my pad gekom het.
Hoekom het jy dit eerder verkies om 'n Indie Skrywer te word?
Toe my eerste resepteboek reg was om gepubliseer te word, was dit in die tyd wat Banting op almal se lippe en in almal se borde was. Ek wou nie tyd verspeel om eers van die een publiseerder na die volgende te gaan vir goedkeuring nie. Ek wou ook graag my eie stempel op die boeke afdruk en my eie ding doen. Ek wou nie my regte prysgee nie. Dit het beslis vir my gewerk. Vandag is ek nie spyt daaroor nie. Om self te publiseer, het natuurlik sy eie uitdagings, maar ek het soveel geleer daardeur en leer steeds. Ek is beslis nie spyt dat ek dit self doen nie.
Read more of this interview.

Where to find Madelé Burger online

Where to buy in print

Sort by:
Waar is die Kerk van Jesus Christus?
Price: Free! Words: 17,520. Language: Afrikaans. Published: August 9, 2022 by Madelé Burger. Categories: Nonfiction » Inspiration » Spiritual inspiration
Onder die leiding van die Heilige Gees het Frik Stoffberg die soeklig geplaas op dít waarmee die kerk hulle vandag besig hou en of die kerk nog vir God eerste stel in haar bedrywighede. Dit is 'n baie eerlike, reguit boek wat die leser uitdaag om diepe selfondersoek te doen. Die boek getuig van die gehoorsaamheid aan die Gees waarmee dit geskryf is.
Die Groen Mouter & Ander Kortverhale
Price: Free! Words: 16,740. Language: Afrikaans. Published: December 16, 2021 by Madelé Burger. Categories: Fiction » Humor & comedy » General, Fiction » Classics
Frik Stoffberg is 'n storieverteller soos min. In hierdie kortverhaalbundel neem Frik Stoffberg ons op ’n komiese wyse terug na die oudae en die oudae se stories. Frik Stoffberg se lekker, informele geselstrant maak hierdie kortverhale ’n plesier om te lees. Beslis lekker leesstof!
Genade Onbeskryflik Groot
Price: Free! Words: 32,730. Language: Afrikaans. Published: December 4, 2021 by Madelé Burger. Categories: Nonfiction » Health, wellbeing, & medicine » Cancer, Nonfiction » Inspiration » Spiritual inspiration
In hierdie ware verhaal beskryf Ansu Malan die reis wat sy langs haar man beleef het nadat hy met galpypiekanker gediagnoseer is. Sy vertel van hulle vrese, hulle pyn, maar die sekerheid wat hulle in Jesus Christus gehad het en steeds het. Dit is 'n geloofspad wat sy met vertroue in haar Skepper loop. Hierdie deernisvolle boek sal beslis enige leser se hart aanraak.
Goue Vroue in Jumanji
Price: Free! Words: 14,260. Language: Afrikaans. Published: September 29, 2021 by Madelé Burger. Categories: Fiction » Adventure » Action, Fiction » Holiday » Humorous
Die Goue Vroue was weer op een van hulle vele wonderlike avonture - hierdie keer in die oerwoud in Afrika. Dit is ’n avontuur gevul met opwinding en gevaar. Adrenalienbelaai. Die dames het soms tuimelend bo-oor mekaar rondgeval, ander kere gillend vasgeklou vir lewe en dood! Op die ou end, soos nog altyd vantevore, het hulle die Jumanji-uitdaging met vlieënde vaandels geslaag.
Goue Vroue in Wonderland
Price: Free! Words: 9,510. Language: Afrikaans. Published: September 25, 2020 by Madelé Burger. Categories: Fiction » Fairy tales, Fiction » Fantasy » General
’n Groepie Towerinne beland in ’n storieboekavontuur. Tydens die ontrafeling van die verhaal ontdek hulle elkeen hulle Goue Eienskap wat van hulle die Goue Vroue maak.
Back to profile overview

Books

Die Putvrou - 'n Borduurstorie
Price: Free! Words: 8,810. Language: Afrikaans. Published: December 16, 2022 . Categories: Fiction » Christian » General
Hierdie verhaal is gebaseer op die ontmoeting tussen Jesus en die Samaritaanse vrou soos dit opgeteken staan in Johannes 4 in Die Bybel. Madelé Burger pas die verhaal toe op 'n stuk borduurwerk wat sy gedoen het en vertel van haar persoonlike reis tydens die borduur daarvan.
Toortsie se Bantingboerekos - My reis - resepte en stories
Price: $5.00 USD. Words: 20,820. Language: Afrikaans. Published: June 21, 2022 . Categories: Nonfiction » Cooking, Food, Wine, Spirits » Health & Healing / Diabetic & Sugar-Free, Nonfiction » Cooking, Food, Wine, Spirits » Health & healing / low carbohydrate
Toortsie se Bantingboerekos bevat vinnige en maklike resepte wat in gewone huise met gewone bestanddele gemaak kan word. Banting, Keto, Intermittent Fasting, Glutenvry, Diabetes, Metaboliese Sindroom, LCHF
Goue Vroue in Jumanji
Price: Free! Words: 14,260. Language: Afrikaans. Published: September 29, 2021 by Madelé Burger. Categories: Fiction » Adventure » Action, Fiction » Holiday » Humorous
Die Goue Vroue was weer op een van hulle vele wonderlike avonture - hierdie keer in die oerwoud in Afrika. Dit is ’n avontuur gevul met opwinding en gevaar. Adrenalienbelaai. Die dames het soms tuimelend bo-oor mekaar rondgeval, ander kere gillend vasgeklou vir lewe en dood! Op die ou end, soos nog altyd vantevore, het hulle die Jumanji-uitdaging met vlieënde vaandels geslaag.
Skoolstories 1969 - 1980 Bredasdorp
Price: Free! Words: 13,000. Language: Afrikaans. Published: June 17, 2021 . Categories: Nonfiction » Biography » Personal memoir, Nonfiction » Comics (nonfictional)
Hierdie boek is geskryf deur die groep klasmaats wat in 1969 skool toe is en in 1980 matriek geskryf het. Bredasdorpstories. In hierdie bundel is die onthoustories van ’n paar van die klasmaats opgeneem. Op ’n humoristiese manier vertel hulle dinge wat hulle ervaar het.
Toortsie's Banting Bash! - For Keto, Banting, LCHF
Price: $3.00 USD. Words: 22,400. Language: English (South African dialect). Published: April 24, 2021 . Categories: Nonfiction » Cooking, Food, Wine, Spirits » Health & healing / low carbohydrate, Nonfiction » Cooking, Food, Wine, Spirits » Health & Healing / Weight Control
Toortsie’s Banting Bash is more than just a recipe book. It is full of quick, easy and tasty recipes you can make in an ordinary kitchen using ordinary ingrdients. All of the recipes are suitable to the Banting lifestyle. Toortsie also tells her story, her journey since starting the Banting eating plan in July 2014. It’s not just a recipe book, it’s also a good read! For: LCHF, Keto, Banting
Goue Vroue in Wonderland
Price: Free! Words: 9,510. Language: Afrikaans. Published: September 25, 2020 by Madelé Burger. Categories: Fiction » Fairy tales, Fiction » Fantasy » General
’n Groepie Towerinne beland in ’n storieboekavontuur. Tydens die ontrafeling van die verhaal ontdek hulle elkeen hulle Goue Eienskap wat van hulle die Goue Vroue maak.
Toortsie Se Soetighede - vir LCHF, Banting, Keto, Paleo
Price: Free! Words: 3,990. Language: Afrikaans. Published: September 17, 2020 . Categories: Nonfiction » Cooking, Food, Wine, Spirits » Health & healing / low carbohydrate, Nonfiction » Cooking, Food, Wine, Spirits » Health & Healing / Diabetic & Sugar-Free
Toortsie se Soetighede geskik vir LCHF, Banting, Keto, Paleo en vir mense wat daarvan hou om lekker te eet sonder om hulle te bekommer oor suiker.
Back to profile overview

Madelé Burger's favorite authors on Smashwords

Smashwords book reviews by Madelé Burger