Thea Sonnekus

Biography

Thea Sonnekus woon op 'n tropiese eiland in Thailand saam met haar man, twee seuns, twee skoondogters en twee dierbare kleinkinders. Sy is versot op lees en het op 'n vroeë ouderdom haar moeder se liefdesverhale skelm onder die komberse met 'n flitslig gelees. Haar man is haar muse en ook haar sterkste kritikus. Sy glo in die liefde en ook dat daar nie perfekte verhoudings bestaan nie, maar dat elke verhouding wel perfekte oomblikke het. Die familie besit 'n besigheid op die eiland en sy koester die saamwees tye saam met die kinders en kleinkinders. Vir haar bestaan die lewe elke oomblik uit keuses en kies sy geluk, waardering, opregtheid en liefde as die grondslag vir haar bestaan. Daarom skryf sy "feel good" boeke met gelukkige eindes.

Where to find Thea Sonnekus online

Facebook: Facebook profile

Books

Tussen die Vuur en As
Price: $4.99 USD. Words: 51,250. Language: Afrikaans. Published: August 28, 2018. Categories: Fiction » Romance » General
Hierdie is die verhaal van Mirre Malan wat telkens platgeslaan word in die lewe. Bestaan daar iets soos ware liefde wat haar regop kan hou en watter man is in staat om haar dit te bied.
Die Kringloop van die Lewe
Price: $4.99 USD. Words: 43,540. Language: Afrikaans. Published: June 26, 2018. Categories: Fiction » Romance » Suspense
Anke werk as veearts op Ohama. Haar lewe word omvergegooi deur drie mans, Stefan, Dewald en Marc. Kom vind uit watter rol het elkeen in haar lewe te speel.
Die Kolos se Kiekies
Price: $4.99 USD. Words: 65,950. Language: Afrikaans. Published: May 28, 2018. Categories: Fiction » Romance » Fantasy
Thys en Tinkie word saamgegooi om vir vier weke lank 'n safari deur Afrika te doen met net die basiese middels tot hul beskikking. Hoe sal die fyn rekenmeester en die groot man met die reuse baard dit kan maak werk?
Polvyntjie se Ridder
Price: $4.99 USD. Words: 53,440. Language: Afrikaans. Published: April 19, 2018. Categories: Fiction » Romance » Fantasy
'n Ligter trant romantiese verhaal met komiese situasies waarin Lienka haar telkemale bevind. Die taak val elke keer op Con se skouers om haar te red. Kan die stadsjuffer gered word van haar stadsmaniere en kan sy liefde herken as dit op haar pad kom.
Seenimf van Samui
Price: $4.99 USD. Words: 72,800. Language: Afrikaans. Published: March 27, 2018. Categories: Fiction » Romance » Fantasy
'n Liefdesverhaal wat afspeel op die eiland van Koh Samui. Jean Marie is 'n rykmanskind wat skielik besef dat jy alles in 'n oogwink kan verloor. Is sy sterk genoeg om weer op haar voete te kom. Is dit ware liefde wat vir haar wag op die paradys eiland. En wie is die slang van die paradys...
Dokter uit die Woestyn
Price: $4.99 USD. Words: 40,180. Language: Afrikaans. Published: March 26, 2018. Categories: Fiction » Romance » Adult
'n Verhaal van twee dokters wat saamgegooi word in moeilike omstandighede in Sirië. Daar is 'n geheim van die verlede wat dreig om enige verhouding tussen hulle te venietig. Wat steek die dokter van die woestyn weg en kan hy vertrou word. Wat is die gevaar waarin Xami verkeer en waarteen haar ouers haar waarsku. Wie is Zayed en watter rol speel sy herkoms.
Wittebrood, Bitterbrood
Price: $4.99 USD. Words: 35,210. Language: Afrikaans. Published: March 6, 2018. Categories: Fiction » Romance » Suspense
'n Liefdesverhaal met 'n spanningslyn regdeur tot op die einde

Thea Sonnekus' tag cloud