Die Goue Vroue was weer op een van hulle vele wonderlike avonture - hierdie keer in die oerwoud in Afrika. Dit is ’n avontuur gevul met opwinding en gevaar. Adrenalienbelaai. Die dames het soms tuimelend bo-oor mekaar rondgeval, ander kere gillend vasgeklou vir lewe en dood! Op die ou end, soos nog altyd vantevore, het hulle die Jumanji-uitdaging met vlieënde vaandels geslaag.
Hierdie boek is geskryf deur die groep klasmaats wat in 1969 skool toe is en in 1980 matriek geskryf het. Bredasdorpstories.
In hierdie bundel is die onthoustories van ’n paar van die klasmaats opgeneem. Op ’n humoristiese manier vertel hulle dinge wat hulle ervaar het.
’n Groepie Towerinne beland in ’n storieboekavontuur. Tydens die ontrafeling van die verhaal ontdek hulle elkeen hulle Goue Eienskap wat van hulle die Goue Vroue maak.