Boerius (Wilhelm Pretorius)

Biography

Agtergrond oor Boerius

Die digter Boerius, Wilhelm Pretorius, is op 20 Augustus 1977 in die SAVF kraaminrigting te Potgietersrus gebore as die jongste van drie seuns van dr. Lets en Minnie Pretorius.

Hy was nie groot gebou nie, maar sy hele gesig was altyd die ene ondeunde glimlag . Later ʼn regte klein ondeund. Baie lief vir musiek, was Wilhelm altyd besig met een of ander instrument of om te sing. Hy was altyd betrokke by ʼn revue of het in een of ander koor gesing. Aan avontuurlustigheid het dit hom ook nooit ontbreek nie: òf hy organiseer ʼn oorlewingskamp òf reël vir hom en sy Pa ʼn oorlewingstaptoer teen die Waterberge, waar hy die waterbottel verloor en ons hulle amper met ʼn ambulans moes gaan haal. In Egipte is die koorsang nie genoeg nie, maar onderhandel met ʼn Egiptenaar om stoksielalleen op ʼn kameel die piramides te gaan verken.

Hy is in 2000 getroud met Corné Pretorius (Bezuidenhout). In 2002 is hy op hulle huweliksherdenking gearresteer as beskuldigde in die Boeremagsaak, waarvoor hy sedertdien in verskeie gevangenisse aangehou is en steeds in aanhouding is. In hierdie amper tien jaar staan Corné hom nog steeds by soos wat sy liefde vir haar en die omstandighede waarin hulle verkeer in sy gedigte sigbaar is. Gedurende die hofsaak het hy saam met sy twee broers 'n aansoek gebring om as krygsgevangenes verklaar te word. In die saak het hulle dit duidelik gestel dat hulle nie kriminele is nie maar in 'n regmatige vryheidstryd gestry het vir die behoud van die Boerevolk en die verkryging van 'n onafhanklike Boererepubliek. Gedurende sy tyd in aanhouding het hy ook sy teologiese studies voortgesit en voltooi, ’n Meestersgraad daarin behaal, Latyn met lof geslaag en is tans besig is met sy doktorale studie in Kerkgeskiedenis.

Maar... die eintlike Wilhelm, is Wilhelm DIE BOER, in murg en been, in hart en siel. ʼn Man met integriteit, ʼn man vir die waarheid, ʼn man met ʼn groot liefde vir sy volk, ʼn onwankelbare geloof in God en ʼn onblusbare gees. Wilhelm met die Vierkleur op Majuba. Mag jou lig op Majuba altyd vir ons ander ʼn inspirasie bly.

Deur: Minnie Pretorius, moeder van Boerius

Where to find Boerius (Wilhelm Pretorius) online

Facebook: Facebook profile

Books

Gietoffers van my siel
Price: $9.99 USD. Words: 11,940. Language: Afrikaans. Published: February 8, 2012 . Categories: Poetry » Themes & motifs » General
“Gietoffers van my siel”, ’n digbundel van Boerius (Wilhelm Pretorius,) is Afrikaanse digkuns op sy beste. Die gedigte spreek meesterlik ’n wye verskeidenheid sielstemas aan. “Gietoffers van my siel” is ’n literêre skat wat tuishoort in elke huis. Nie net om te geniet en weer en weer te lees nie, maar om ook in bewaring gehou te word as eendag se ware Afrikana.

Boerius (Wilhelm Pretorius)'s tag cloud

afrikaans    afrikaanse    boer    boeremag    boerevolk    boerius    digbundel    digkuns    gedigte    geskiedenis    gevangenis    god    godsdienstig    liefde    pretorius    wilhelm