B.K. de Beer

Biography

B.K.de Beer was 'n boer met heelwat uiteenlopende belangstellings. Sy bekendste boek, "Agter die Magalies" handel oor die geskiedenis van Brits en omstreke. Dit is die eerste keer gepubliseer in 1975 en word nou weer as 'n elektroniese boek uitgegee.

Where to find B.K. de Beer online

Books

Agter die Magalies, Deel 3: Rampe en Skade
Price: $2.20 USD. Words: 27,930. Language: Afrikaans. Published: September 25, 2022 by Kameeldoring Boeke. Categories: Nonfiction » History » Africa » Africa / South / Republic of South Africa
Ons Afrikaner-nasie is op verskeie maniere getemper. Deel van die boek handel oor die ontberings en terugslae wat die Boeremense verduur het. Veral die pioniers wat hulle agter die Magaliesberg kom vestig het was taai gewees. Hulle was baie gesteld op hulle godsdiens en hulle vryheid. Die Groot Trek en veldslae soos Vegkop en Bloedrivier het hulle versterk in hulle geloof en die strewe na vryheid.
Die Resultaat van Britse Demokrasie in Suid-Afrika
Price: $3.00 USD. Words: 62,850. Language: Afrikaans. Published: September 13, 2022 by Kameeldoring Boeke. Categories: Essay » Political, Nonfiction » History » Africa » Africa / South / Republic of South Africa
Die woord 'demokrasie' stam van twee Griekse woorde, 'demos', wat beteken al die mense (the whole mob) in Engels en 'kratos', wat beteken mag of heerskappy (power or rule) in Engels. Eenvoudig gestel in 'n demokrasie word ons regeer deur die hordes (mob rule) in Engels. In 'n perfekte wêreld met perfekte burgers en strukture behoort dit perfek te wees. Kom ons kyk of dit so werk.
Agter die Magalies, Deel 2: Die Mense van die Krokodilriviervallei
Price: $2.20 USD. Words: 12,910. Language: Afrikaans. Published: September 24, 2016 by Kameeldoring Boeke. Categories: Nonfiction » History » Africa » Africa / South / Republic of South Africa
(4.00 from 1 review)
Die grootste deel van Hoofstuk 13, van die oorspronklike Agter die Magalies boek is vervat in hierdie afdeling. Ontmoet van die mense wat die vrugbare vallei langs die Krokodilrivier hulle tuiste gemaak het. Deel in die lief en leed van hulle alledaagse bestaan, maar met die insig van groter gebeure wat hulle lewens drasties beinvloed het.
Hartbeespoortdam
Price: Free! Words: 4,880. Language: Afrikaans. Published: April 22, 2013 by Kameeldoring Boeke. Categories: Nonfiction » History » Africa » Africa / South / Republic of South Africa
Hierdie is die volledige teks van Hoofstuk 18, uit B. K. de Beer se boek: Agter die Magalies. Bertus de Beer was 'n boer langs die Krokodilrivier net 'n paar kilometer aan die onderkant van die Hartbeespoortdam. Daarom bied hy aan ons 'n unieke perspektief van die geskiedenis van die “Dam” en hoe afhanklik die boere was van die water uit die dam.
Agter die Magalies, Deel 1: Oorsig
Price: $2.20 USD. Words: 35,660. Language: Afrikaans. Published: January 31, 2013 by Kameeldoring Boeke. Categories: Nonfiction » History » Africa » Africa / South / Republic of South Africa, Nonfiction » History » Africa » Africa / South / Republic of South Africa
(4.00 from 1 review)
Die geskiedenis van Brits en omstreke word van die oerknal tot die mid-sewentiger jare, in hierdie boek opgeteken. Indien u noord van die Magaliesberg en naby Brits groot geword het, of 'n belangstelling het in die geskiedenis van die omgewing behoort die boek baie interessant te wees. Hierdie is die begin van 'n elektroniese uitgawe van die boek wat die eerste keer in 1975 gepubliseer is.

B.K. de Beer's tag cloud