Henning Janse van Vuuren

Biography

Hi there, although I am bilingual, Afrikaans is my home language and my passion. Ek doen my bes om verhale te skryf wat boei en hopelik ook stof tot nadenke bied.

I live in sunny South-Africa.

Kruitvat is my debuutroman en as skrywer kon ek ryklik put uit my ervaring as offisier in die Suid-Afrikaanse Polisie, joernalis by Laevelder en as toegelate prokureur. Die boek is propvol eg Suid-Afrikaanse aksie, een of twee etiese kwessies word geopper en 'n gesonde skoot romantiek is boonop bygevoeg. Lees Marius Visser se resensie in Rapport hier: http://www.rapport.co.za/Boeke/Nuus/Sterk-kruit-vat-vlam-op-Kindle-20120823

Ek vertrou jy sal hom geniet.

Vir die jonger leser (of jonk van gees) bied ek TamatiestraaT. Hierdie avontuur saam met die onnutsige Lelanie Louw was 'n finalis in die Sanlam / Tafelberg Jeugromankompetisie gedurende 2009/2010.

My nuutste roman is getiteld Friksie.

Jy kan Kruitvat, Friksie of Tamatiestraat op jou Kindle (of ander e-leser) aflaai vanaf Amazon / Kobobooks ens. of die sagteband bestel vanaf Amazon / Kalahari / thebookdepository / Leserskring ens.

Om meer van my doen en late uit te vind, besoek gerus www.ebooksforafrica.co.za
of my Facebook blad - https://www.facebook.com/HenningJVV

Vriendelike groete

Henning

Where to find Henning Janse van Vuuren online


Where to buy in print


Books

Kruitvat
Price: Free! Words: 76,740. Language: Afrikaans. Published: June 19, 2014. Categories: Fiction » Thriller & suspense » Crime thriller
Die jong koerantbaas Adriaan Fereirra het baie hooi op sy vurk. Misdaad, bedrog en verraad is deel van sy daaglikse bestaan. Maar wat is dit eintlik wat hom so ry? Sal Monica, die joernalis wat vir hom werk, tot hom kan deurdring? En waar het hy Amanda, die buffelagtige Louis van Zyl se verloofde, al voorheen ontmoet? Iewers is iets beslis nie pluis in hierdie landelike omgewing nie.
Friksie
Price: Free! Words: 115,510. Language: Afrikaans. Published: January 9, 2014. Categories: Fiction » Thriller & suspense » Action & suspense
(5.00)
Ontevrede met sy lewensomstandighede beplan die enigmatiese Alwyn Liebenberg haarfyn aan sy skyndood in die Long Tom-Pas. Die sukses van sy slenter is ’n dobbelspel en boonop is daar die opkomende superspeurder van Nelspruit, Fritz Moolman, met wie hy moet rekening hou. Liebenberg het vooraf besluit, kom wat wil, hy gaan nie tronk toe nie ...
Tamatiestraat
Price: Free! Words: 34,350. Language: Afrikaans. Published: December 13, 2012. Categories: Fiction » Young adult or teen » Social Issues, Fiction » Young adult or teen » Humor
Die veertienjarige Lelanie Louw se ma spring onverwags saam met haar nuwe man op ’n vliegtuig na Europa. Niemand het ’n idee wanneer om haar terug te verwag nie. Inteendeel, dit lyk al hoe meer vir die snipperige Lelanie of sy glad nie terugkom nie. Skielik moet sy en haar ouer broer Dewald by hul pa in sy woonstel intrek en teen wil en dank aanpas.

Henning Janse van Vuuren's tag cloud