Johan Crous

Biography

Johan Crous
I started to write during many recovery periods in Hospital due to surgery.
Police officer by day, specializing in event management (disabled).
Married to Karin
Two daughters and one granddaughter.

Where to find Johan Crous online


Books

René
Price: $3.99 USD. Words: 62,660. Language: Afrikaans. Published: October 25, 2018. Categories: Fiction » Romance » Action/adventure, Fiction » Adventure » Sea adventures
Vier jaar is lewenslank, om 'n galeislaaf te wees. René se beste vriend, Gerhardt Pawels het hom oorrompel en as galeislaaf verkoop, op die aand wat René vir Wilmien Van Der Toorn wou vra om met hom te trou. Na hy suksesvol ontsnap en oom André, die graaf Moreau, ook help onsnap, word hy die jong graaf Alphonso Moreau. Dit is die ideale vermomming om wraak te neem en Wilmien te probeer verower.
Vergelding 2
Price: $3.99 USD. Words: 69,080. Language: Afrikaans. Published: August 13, 2018. Categories: Fiction » Mystery & detective » General, Fiction » Adventure » Action
(5.00 from 1 review)
Hierdie boek gaan oor slawerny en mensehandel: Waarskuwing: Hierdie boek is nie geskik vir sensitiewe lesers nie en bevat tonele van geweld en ook geweld teen vroue. Seks word nie in detail beskryf nie.
My Broer se Vrou
Price: $2.99 USD. Words: 61,950. Language: Afrikaans. Published: December 16, 2017. Categories: Fiction » Romance » Action/adventure, Fiction » Romance » General
As verhoorafwagtende is Jacques Du Preez platgeslaan teen die aarde. Niemand glo hom dat dit nie hy was wat die misdade gepleeg het nie. Hy staar tronkstraf in die oë. Sy vrou Loula skei van hom en Jacques is gebreek. Hoe gaan hy sy naam in ere herstel? Dan ontmoet hy vir Tillie, sy broer se vrou.....
Fatal Night
Price: $2.99 USD. Words: 40,700. Language: English. Published: December 4, 2017. Categories: Fiction » Romance » General, Fiction » Romance » Contemporary
After a genealogical procedure, Alison is ready to carry on with her love life. Her husband, is no longer interested in her. Alison believes he is seeing another woman. She is devastated. How could her Jerry seek solace in the arms of another woman? She is heartbroken. She is shocked when she find out what he is up to.The book every woman should read.
Elmien
Price: $2.99 USD. Words: 76,490. Language: Afrikaans. Published: March 6, 2017. Categories: Fiction » Romance » Contemporary, Fiction » Erotica » Contemporary
Ou Kaapse verhaal van André, die jong man wat 'n lelike, ouer vrou ontmoet. Sy is nie mooi nie, maar bekoor hom tog. Hy onthou wat Angelique gesê het, in elke vrou skuil iets moois. Hierdie boek is interaktief, so u, as leser, kan met die kies van skakels, kies of u die erotiese weergawe (met beskrywende seks) of die romantiese weergawe (sonder beskrywende seks) wil lees.
Vergelding
Price: $2.99 USD. Words: 94,010. Language: Afrikaans. Published: January 1, 2017. Categories: Fiction » Mystery & detective » Police Procedural, Fiction » Mystery & detective » General
Na 'n paar sluipmoorde stel die Polisie, baasspeurder, Luitenant-kolonel Riaan Els, aan om die ondersoek te hanteer. Hy word bygestaan deur Sersant Lienkie Delport. Lyke word oral in die strate van Kaapstad gevind en almal het iets in gemeen. Hulle is almal Rastafariërs en Jamaikane. Die verdagte is genadeloos en baie effektief, maar enige misdadiger maak een of ander tyd 'n fout.
Omnibus 5
Price: $5.99 USD. Words: 213,030. Language: Afrikaans. Published: December 27, 2016. Categories: Fiction » Romance » Contemporary, Fiction » Romance » General
3 Boeke in een bundel. Soekie: Soekie kry die een liefdesteleurstelling na die ander, terwyl Jason, haar beste vriend, ouer as sy, haar bystaan. Melissa: Melissa raak verlam na sy die man van haar drome ontmoet het. Gaan hul liefde sterk genoeg wees? Temmer van sy hart: Mariëtte dank Fritz af, in die geloof hy is skuldig. Dan vind sy uit hy is onskuldig. Hy is die man na haar hart.
Temmer van sy hart
Price: $2.99 USD. Words: 80,690. Language: Afrikaans. Published: September 21, 2016. Categories: Fiction » Romance » Contemporary, Fiction » Romance » Contemporary
Mariëtte besef met 'n skok sy het Fritz onskuldig afgedank en nou kan sy die wiel nie terug draai nie. Sy gaan werk op 'n verafgeleë wildplaas, om te ontdek hy werk ook daar. Nou wil hy niks met haar te doen hê nie. Sy weet hulle het 'n wederkerige gevoel vir mekaar. Hoekom is die lewe so onregverdig? Skoon en romantiese weergawe. Seks word nie in detail beskryf nie.
Omnibus 4
Price: $4.99 USD. Words: 254,250. Language: Afrikaans. Published: August 13, 2016. Categories: Fiction » Romance » General, Fiction » Romance » Contemporary
3 Treffers in 1 Bundel. Pauline Vind Geluk Die Spanjaard Daardie Nag Hierdie boek is die skoon en romantiese weergawe (Seks word nie in detail beskryf nie).
Omnibus 3
Price: $4.99 USD. Words: 415,100. Language: Afrikaans. Published: July 10, 2016. Categories: Fiction » Romance » Contemporary, Fiction » Romance » Erotic
Bevat drie boeke: Anton se begeerte, Adri en Sonja se Sonde.
Melissa
Price: $2.99 USD. Words: 55,050. Language: Afrikaans. Published: June 21, 2016. Categories: Fiction » Romance » General, Fiction » Romance » Contemporary
Wanneer Melissa van haar perd af val en en verlam is. gee sy Hardus, die trekpas, want sy wil nie 'n meulsteun aan sy nek wees nie. Hy weier dat sy alleen besluit om haar saam met hom te neem en dan alleen sal hulle saam besluit. Melissa moet haar skaamte afleer want Hardus moet haar bad. Gou-gou raak sy werklik lief vir hom. Wat gaan hy besluit as die maand om is? Skoon en romantiese weergawe.
Omnibus 2
Price: $4.99 USD. Words: 312,110. Language: Afrikaans. Published: June 12, 2016. Categories: Fiction » Romance » Contemporary, Fiction » Romance » Erotic
Bundel van 3 boeke.(Meer as 800 bladsye). Yolanda se Beurt: Sy ontmoet die man van haar drome en hul liefde blom., Dan kom daar 'n groot breuk. Ilse: Die verhaal van 'n ouer vrou en jonger man. Hul liefde is volmaak, maar moet ook toetse deurstaan. Leoni word groot: Leoni bewonder haar rugbyheld. Wanneer hy beseer is en gestremd raak ontmoet hulle. Sy raak lief vir hom. Kan hul liefde bly staan
Andries kom tot rus
Price: $2.99 USD. Words: 67,930. Language: Afrikaans. Published: May 30, 2016. Categories: Fiction » Romance » Historical
Andries Dreyer, wees, optelkind en wewenaar, begin swerf na sy aanneem ouers uitgesterf het. Sy aanneem moeder het hom die waarheid vertel dat sy nie sy eie moeder is nie. Hy soek orals na sy werklike ma. Hy raak na twee jaar moeg en koop vir hom 'n plaas. Hy ontmoet die kwaai buurvrou, Martie, 'n kinderlose buurvrou. Sy staan hom by is die soektog na sy eie ma. Wat hy ontdek verstom hulle.
Pieter Bring Haar Terug
Price: $2.99 USD. Words: 63,570. Language: Afrikaans. Published: May 29, 2016. Categories: Fiction » Romance » Historical
(5.00 from 1 review)
'n Ou Kaapse verhaal. Na Santie se man sterf moet sy hul drie kinders alleen grootmaak as weduwee. Pieter Verloor sy vrou en dogter aan die groot griep en koors en leef alleen as swerweling op soek na 'n nuwe tuiste. Pieter red die lewe van Santie se dogtertjie toe sy by haar oupa kuier en Santie sien hom uit 'n ander oogpunt. Nota: Hierdie boek is interaktief, met of sonder seks.
Verwronge Wraak
Price: $2.99 USD. Words: 71,010. Language: Afrikaans. Published: May 22, 2016. Categories: Fiction » Thriller & suspense » Crime thriller, Fiction » Mystery & detective » Police Procedural
(5.00 from 2 reviews)
Die storie van 'n reeksmoordenaar wat die een vrou na die ander vermoor. Wouter en Ivanka, wie beide seergekry het werk saam aan die saak en begin respek vir mekaar kry. Dit is die skoon en romantiese weergawe. Seks word nie in detail beskryf nie.
Soekie
Price: $2.99 USD. Words: 75,510. Language: Afrikaans. Published: April 30, 2016. Categories: Fiction » Romance » Adult, Fiction » Romance » New adult
(4.17 from 6 reviews)
Soekie kry verskeie keer seer. Haar beste vriend is altyd daar om haar te troos... Hierdie weergawe is die skoon en Romantiese weergawe. Seks word nie in detail beskryf nie.
Paula
Price: $2.99 USD. Words: 95,730. Language: Afrikaans. Published: February 28, 2016. Categories: Fiction » Romance » Adult
(4.17 from 6 reviews)
Paula van Yolanda se beurt faam verloor haar dogter en man en gaan geskend deur die lewe. Kan die veel jonger Werner Brits haar hartseer verander? Hierdie boek is dieselfde boek as wat in my Omnibus 1 publiseer is.
Tanya se tweede keer
Price: $2.99 USD. Words: 83,810. Language: Afrikaans. Published: February 28, 2016. Categories: Fiction » Romance » Adult, Fiction » Women's fiction » General
(5.00 from 4 reviews)
Tanya se tweede keer: Tanya, Leoni se tweelingsuster het 'n mislukte huwelik en haar man slaan haar. Sy ontmoet 'n ouer man. Jaco bedreig haar steeds vanuit die tronk.
Daardie Nag
Price: $2.99 USD. Words: 45,790. Language: Afrikaans. Published: February 17, 2016. Categories: Fiction » Romance » Adult, Fiction » Romance » General
(5.00 from 6 reviews)
Na haar operasie is Debbie Bosman gereed om met haar liefdeslewe voor te gaan. Haar man Bossie is die man van haar drome, maar hy stel glad nie meer in haar belang nie. Debbie besef hy sien 'n ander vrou. Sy is gebreek. Hoe kan haar Bossie sy troos aan 'n ander vrou se boesem soek? Lees hoe onvoorwaardelike en opregte liefde alles moontlik kan opoffer. Dit is die skoon en romantiese weergawe.
Die Spanjaard
Price: $2.99 USD. Words: 83,690. Language: Afrikaans. Published: January 4, 2016. Categories: Fiction » Romance » Action/adventure
(3.80 from 5 reviews)
Annette Van Tonder, 'n onderwyseres van Ellisras, se ego word ernstig geknou deur 'n sekuriteitswag, Fanie Van Blerk. Sy verafsku hom, veral toe dit 'n tweede keer gebeur het. Sy laat hom afgedank word, net om later te besef sy het Juan Cortes laat afdank, die man wat sy liefhet. Hy is haar broer se vriend en die bekwame wildbewaarder. Sal hy haar vergewe? Skoon romantiese weergawe.
Omnibus 1
Price: $4.99 USD. Words: 309,510. Language: Afrikaans. Published: October 11, 2015. Categories: Fiction » Romance » General
(3.80 from 5 reviews)
Vier boeke amper 1000 bladsy Paula: Paula verloor haar dogter en man en is geskend. Kan die veel jonger Werner Brits haar hartseer verander? Tanya se tweede keer: Sy, het 'n mislukte huwelik en ontmoet 'n ouer man. Jaco bedreig haar vanuit die tronk. Pieter bring haar terug: Santie roep Pieter se hulp in toe haar dogter gesteel word. Andries kom tot rus: Andries soek sy moeder en Santie help hom.
Pauline Vind Geluk
Price: $2.99 USD. Words: 125,840. Language: Afrikaans. Published: September 6, 2015. Categories: Fiction » Romance » Action/adventure, Fiction » Romance » Contemporary
(4.83 from 6 reviews)
Wessel reis oor drie kontinente om sy onskuld te bewys en Pauline terug te wen, na sy hom die trekpas gegee het in die waan hy was ontrou.. Sy weet ook hy is die man van haar keuse. Skoon romantiese weergawe.
Leoni word groot
Price: $2.99 USD. Words: 86,090. Language: Afrikaans. Published: August 17, 2015. Categories: Fiction » Romance » General, Fiction » Romance » Contemporary
(3.60 from 5 reviews)
Die verhaal van die skooldogter wat haar rugby held ontmoet na hy die gebruik van sy bene verloor het. Sy raak lief vir die mens agter die liggaamlike wrak. Hy help haar met haar wiskunde onderrig. Wanneer hulle as gevolg van 'n misverstand geskei word is haar hart gebreek. Hulle word versoen en sy wag dat hy haar sy vrou gaan maak en dat hulle hul droom gaan leef. Hierdie is die skoon weergawe.
Ilse
Price: $2.99 USD. Words: 85,430. Language: Afrikaans. Published: August 11, 2015. Categories: Fiction » Romance » Contemporary, Fiction » Romance » General
(4.17 from 6 reviews)
Die storie van 'n ouer vrou en jonger man / The story of an older woman and a younger man. Wanneer Ilse hom liefhet en hy haar in die arms van 'n man betrap vat hy die pad en wil sy hom terughê. Die man was haar stiefbroer. Haar stryd om hom te wen. When Ilse loves him, he caught her in the arms of another man, but he is her step brother and he leaves. Her struggle to win him back.
Adri
Price: $2.99 USD. Words: 111,190. Language: Afrikaans. Published: August 8, 2015. Categories: Fiction » Romance » General, Fiction » Romance » Suspense
(4.80 from 5 reviews)
Adri jak Morné af toe hy haar uit vra en seergemaak gee hy pad. Sy sien hom eers na tien jaar en besef sy het hom steeds lief, maar hy is koud teenoor haar. Hoe moet sy maak om sy liefde te wen? Dit is 'n interaktiewe weergawe. Die leser kan kies met skakels of hy/sy die skoon (geen beskrywings tydens bedtonele nie) of erotiese weergawe (volle beskrywing van bedtonele) wil lees.
Yolanda se Beurt
Price: $2.99 USD. Words: 117,860. Language: Afrikaans. Published: August 7, 2015. Categories: Fiction » Romance » Action/adventure, Fiction » Romance » Contemporary
(5.00 from 6 reviews)
Yolanda ontmoet die perfekte man en die verhouding vorder. Sy verstoot hom weens die bedrog van sy eks en hy is in 'n koma na 'n ongeluk. Sal hy haar vergewe? Hoe lank moet sy wag? Hierdie boek is die skoon en romantiese weergawe. Seks word nie in detail beskryf nie.
Sonja se Sonde
Price: $2.99 USD. Words: 206,520. Language: Afrikaans. Published: August 4, 2015. Categories: Fiction » Romance » Adult
(4.86 from 7 reviews)
Afrikaans Novelle. Sonja het die ideale huwelik, maar sy het 'n verlede. Wanneer sy afgepers word is sy ontrou en word sy deur haar man op heterdaat betrap. Haar huwelik hang aan 'n draadjie en sy moet veg om dit te red. sy moet haar eie skuldgevoel hanteer en die verdriet van haar man, maar sy kan nie praat nie. Sal haar huwelik oorleef?
Anton se Begeerte.
Price: $2.99 USD. Words: 98,240. Language: Afrikaans. Published: August 4, 2015. Categories: Fiction » Romance » General, Fiction » Inspirational
(4.83 from 6 reviews)
Afrikaans Novel. 'n Vader se begeerte om met sy dogters verenig te word na hulle hom verwerp het toe hulle gedink het hy was ontrou aan hul moeder. Na hy sy dood nageboots het, het hy weer getrou en 'n dogtertjie aangeneem. Toe besef hulle hy leef. Lees van sy liefde vir sy vrou wat hom bygestaan het om sy dogters weer te vind.

Johan Crous' tag cloud

adultry    afpersing    afrikaan    afrikaans    afrikaans boek    aksie    avontuur    begeer    begeerte    bemin    berou    bewondering    breuk    dans    desperaat    desperaatheid    eerste liefde    egskeiding    emotional    eroties    fiksheid    fisioterapie    geluk    gestremdheid    gevaar    gevoel    geweld    happy end    hartstog    heldeverering    herstel    huwelik    intimiteit    jaloesie    johan crous    jonger man    jonger vrou    kaapse verhaal    liefde    liefde en geluk    liefde en leed    liefde en respek    liefde ontwaking    liefdesverhaal    love    maagd    martel    menseroof    mondelikse seks    mondelingse seks    onsekerheid    ontrou    ontrouheid    ontvoer    ontvoering    orale seks    ou kaapse    ouderdomsverskil    ouer man    ouer vrou    owerspel    passion    plaas    reeksmoord    remorse    respek    romanse    romanties    romantiese liefde    romantiese verhouding    romaties    sameswering    seerkry    seerower    seks    sjarmant    skuld en skande    slawerny    sluipmoord    spanning    speur    speurders    speurverhaal    swaardgeveg    swanger    swangerskap    teer    toets    total commitment    trou    troue    tweegeveg    uithouvermo    unconditional love    veiligheid    verdriet    vergifnis    verhouding    verlange    verlei    verlief    vernuf    versoening    vertroue    verwerping    verwyt    vlienier    vrees    vriendskap    vurig    wanhoop    weduwee    wildbewaarder    wreedheid   

Smashwords book reviews by Johan Crous

  • Fatal Fantasy on Jan. 17, 2016

    Fatal Fantasy, uit die pennevrug van Flamingcrystal, is 'n liefdesverhaal wat afspeel in die hedendaagse tyd van elektroniese aanlyn tegnologie. Die skryfster het nie net vir my as 'n manlike leser binne die eerste hoofstuk geboei nie, maar ek was ongeduldig om die boek klaar te lees. Elke onderbreking het my omgekrap. Ek was vasgenael tot op die laaste blad en toe het ek tevrede met my dag voortgegaan. Die boek is goed afgewerk ten opsigte van taalgebruik, leestekens en die skryfster praat die taal wat deur ons volksmond gebruik word. Haar beskrywing van aanlyntegnologie is puik. Die karakters is elkeen beskryf met sy eie voorkoms en karakter. Die boek het 'n pragtige liefdesstorie en 'n goeie ketting van gebeurtenisse. Die leser word nie een keer verveel nie. Jy moet net elke bladsy verder lees om te sien wat volgende gebeur. Die spanning bou op om te sien of Sonja en Marius bymekaar gaan uitkom. Die skryfster se humorsin is puik en getuig van goeie smaak. Hierdie boek is die boek met 'n gelukkige einde. Beide mans en vrouens kan hierdie boek geniet, en glo my, julle sal. Die twee hoofkarakters se keuse oor hul ideale lewensmaat, maak hierdie boek 'n storie waarin jy jouself kan uitleef. Die einde het dalk 'n traan tot gevolg. Ek het die elektroniese weergawe op my selfoon gelees en die vertoon op die klein skerm was sonder enige probleme. Hierdie boek is goed, so dat dit op my selfoon bly, sodat ek dit weer kan lees in daardie situasies waar jy iewers moet wag of vertraag is. Ek sal dit beslis weer lees. Ek is nie in staat om enige negatiewe punte uit te wys nie, want daar is nie. Flamingcrystal mag maar 'n boek skryf. Deur Johan Crous
  • Geeste Portaal on Feb. 13, 2016

    Geestesportaal deur Flamingcrystal, is 'n boek wat ek met die grootste vrymoedigheid sal aanbeveel aan enige leser, jonk of oud. Dit is nie my gewoonlike tipe keuse nie, maar ek het dit uit nuuskierigheid gelees na ek 'n ander boek deur dieselfde skrywer gelees het. Wat 'n wonderlike leesgenot. Die skrywer het my van die begin af geboei en vasgevang in die verhaal. Sy mag maar 'n boek skryf. Haar borrelende persoonlikheid spoel oor in die boek en sy is vlymskerp met haar humor. Haar uitbeelding van die verskillende karakters is baie goed. Hierdie is 'n fantasie verhaal met elemente wat tog nie moontlik is nie. Sy maak alles werklik voor die leser se oë en jy geniet wat gebeur. Jy geniet die straf wat Vicky op 'n mooi en regverdige manier uitdeel. Die leser kry lekker oor die bordjies wat verhang word. Die situasies in haar boek speel in die werklike lewe ook voor ons oë af. Die boek verveel die leser nie een keer nie. Die taalgebruik is uitstekend en die humor is puik. Ek kan hierdie boek met die grootste vrymoedigheid aanbeveel. Dit is tone krul lekkerkry plesier uit haar pennevrug. Ek wag in spanning vir haar volgende boek.
  • Dejavu & Destiny on April 04, 2016

    Destiny en Dejavu, is 'n bundel van twee liefdesverhale, vanuit die pen van Flamingcrystal Softly Whisper. Dit is gebasseer op die fantasie genre. Die verhaal bied die leser die liefde tussen twee mense wat oor verskeie eeue strek en waar die twee voor verskeie struikelblokke te staan kom. Hulle reïnkardineer om mekaar weer te kan liefhê. Die boek spring vinnig weg en beweeg vinnig van land tot land en situasie na situasie. Die skryfster maak nie gebruik van tradisionele hoofstukname nie, maar elke hoofstuk gee 'n beskrywing wat 'n opskrif het en die boeke verstaanbaar an sin laat maak. Die plotte van beide boeke is meesterlik uitgedruk. Die skryfster moes baie moeite gedoen het om 'n plot aan die leser oor te dra wat nie net sin maak nie maar interessant en boeiend is. Van boeiend gepraat, beide boeke boei die leser baie vroeg in die verhaal en dan kan die boek nie neergesit word voor jy die laaste blad nie eers klaar gelees het nie. Die boek is lankal klaar gelees terwyl die verhaal steeds in kop bly maal en jy hoop en bid die skrywer bring nog 'n boek uit oor hierdie twee se liefde. Fantasieverhale kry dikwels kritiek by gebrek aan die vermoeë om die fantasie gedeelde geloofwaardig uit te beeld. Hierdie skrywer slaag een honderd persent daarin. Ek is self 'n skrywer en het al my skryfwerk eenkant geskuif om eers hierdie boek te geniet. Die boek is goed versorg en die verhaal vloei goed. Die karakters word baie deeglik geprojekteer. Hierdie verhaal is weereens een van daardie verhale wat jy nie lees wat gebeur nie, die skryfster plaas jou daar. Jy beleef alles self, uit jou eie oë. Welgedaan FSW. Ek hoop van harte jy gaan 'n derde boek in hierdie reeks uitbring. Hierdie twee boeke kan afsonderlik ook gelees word. Ek beveel dit met die grootste vrymoedigheid aan. Enige kritiek teen die boek? Ja, daar is nie nog nie!