Annette du Plessis

Biography

Annette du Plessis het haar BA Hons. in tale aan die Universiteit van Stellenbosch en Unisa behaal. Sy het by Hugenote Hoërskool, Wellington, by haar alma mater, La Rochelle in die Paarl, en op Tulbagh skoolgehou. Sy stap en reis graag en het begin skilder toe sy die Onderwys verlaat het. Blou Erporsie is haar debuut boek.

Smashwords Interview

Hoekom het jy Blou Erfporsie geskryf?
Tien jaar gelede het die gedagte by my opgekom om 'n boek te skryf oor my ouers se lewe. My pa het kort voor sy dood sy memoires op skrif gestel en vir elke kind (daar is 8 van ons!) 'n kopie gegee. Dit was vir my aangrypend om te lees hoe hy sy roeping as sendingdokter in die Transkei gekry het en hoe hy dit uitgeleef het. Hoe hy my ma ('n sendingverpleegster in die Transkei) ontmoet het, was nog altyd vir my 'n mooi storie. Ek het die dringende gevoel gehad dat ek hierdie verhale aan meer mense as net my nabye familie wil vertel, want dit kan mense inspireer om God op sy woord te neem en om Hom gehoorsaam te volg.
Wat is mense se reaksie op jou boek?
Ek is oorweldig deur die positiewe reaksie! My familie het dit as 'n persoonlike vertelling van dit wat hulle goed ken, beskou. Tog was hulle verras deur onbekende feite, wat ek uit my pa se nagelate dagboeke, knipsels uit die Paarl Post, en ander bronne gaan uitsnuffel het. Nie-familie het my verras deur te sê dat die boek hulle geboei het, dat hulle respek het vir my ouers se gehoorsaamheid en daadkrag,en dat die boek ook interessante leesstof bied oor 'n tydperk wat verby is. Vreemde lesers wat raakpunte het met mense van wie ek vertel of plekke wat genoem word, het dit as nostalgies beleef en baie het my gekontak om hulle gewaarwordinge te deel. Die aantal foto's het ook goeie aftrek gekry. Dit was vir my 'n heerlike ondervinding om te besef dat woorde op papier kan uitreik na 'n onbekende wêreld daarbuite
Read more of this interview.

Where to find Annette du Plessis online

Facebook: Facebook profile

Where to buy in print


Books

Blou Erfporsie - Van Isilimela tot Stilbaai: 'n Lewensreis
Price: $2.99 USD. Words: 63,260. Language: Afrikaans. Published: November 17, 2013. Categories: Nonfiction » Biography » Religious biography, Nonfiction » Relationships and Family » Parenting
Dis 'n lewensreis wat begin toe 'n seuntjie impulsief beloof om 'n sendeling te word, as die Here tog net sy oog sal laat ophou pyn. En die dogtertjie wat viooltjies verkoop vir haar sendingbussie. 'n Skip wat strand, en 'n noodoperasie wat Isilimela se hospitaal inwy. Smiles en sy donkerkop-bruid. Agt kinders... en 'n 94-jarige ouma met 'n olifant aan die hand. Dis 'n merkwaardige storie.

Annette du Plessis' tag cloud


Smashwords book reviews by Annette du Plessis

  • Sauntering to Santiago on Sep. 07, 2014

    Well written. I loved the author's frankness, sharing his doubts, fears and dreams. I hope the dove that stroke his cheek is still clear in his memory. He inspires future pilgrims to walk the Camino. Annette