Orange Blue

Biography

Ek is op Upington gebore in 1966. Die Oranje-rivier het my betower vandat ek kan onthou. Saterdae en Sondae het ons altyd rivier toe gegaan. Die hele week het ek daarna uitgesien om onder die wilgerbome op sy walle te speel en in sy water af te koel.

Sondagmiddae was die dorp grafstil. Dit was dan wanneer ek in die strate gaan rondloop het en stories uitgedink het van mense wat in die dorp se mooi geboue geleef en gewerk het. (Ek het die nare gewooonte gehad om met myself te praat namate ek myself in my sprokies ingelewe het.)

Die ou Landbank gebou en die Kerke, Moedergemeente en Rooms Katolieke kerk en Klooster asook die Ou Apostoliese Kerk het my veral gefassineer. Die biblioteek het my Sondagaande ingesluk en my suster is gereeld gestuur om my te gaan soek as ek sewe uur saans nog nie by die huis was nie. Die bibliotekaresse het my toegelaat om te bly tot sy klaar was met haar werk. Elke Sondagaand was die preek dieselfde en elke Sondagaand het ek gesukkel om te verduidelik dat daar 'n ander wereld was waar ek gelukkig was, niemand het verstaan. Ek het ook nie verstaan dat mense mens kan skade aandoen as mens nie ander mense skade aandoen nie. Mammie het dan gese: As ek mense behandel soos wat Jesus in die Woord ons voorbeeld is, sal mense my ook so behandel.

Die hartseerste dag vir my was toe ek Upington moes groet. My wereld het gaan staan want al het ek van ander dorpe geleer en gehoor, was Upington vir my die begin en einde van menslike bestaan. Alle ander dorpe se bestaan was vir my soos plekke in my sprokiesboeke.

Ek hou van die Reguitpad. Kronkels en draaie is nie vir my nie want ek wil he ander mense moet eerlik en opreg met my handel. My spreuke is: My woord is my woord en my woord is my eer. - Weet nie wie dit eerste gese het nie, weet net Mammie het dit by my ingeprent van kleintyd af dat ek my beloftes moet hou en alles in my vermoe moet doen om dit na te kom. Ongelukkig vertrou ek mense te maklik want ek glo God het nie mense sleg geskape nie. Iewers het almal iets goeds in hulle.

Books

This member has not published any books.