Roelof Meyer

Biography

Roelof Meyer is in November 1956 in Port Elizabeth gebore. Met ʼn onderwyser-pa, was sy liefde vir die Afrikaanse taal onafwendbaar, Hy voltooi sy matriek aan Gill Kollege op Somerset-Oos waarna sy studies aan die UPE volg. Weens sy liefde vir Afrikaans, begin hy sy loopbaan in Joernalistiek waarna hy meer as ses jaar ʼn misdaad- en hofverslaggewer vir Oosterlig (later Die Burger) in Port Elizabeth was. Hy verruil die joernalistiek vir versekering, en begin met skakelwerk vir ʼn lewensversekeraar waarna hy sy eie versekeringspraktyk begin. Sy liefde vir skryf is egter nooit geblus nie en sy grootste droom is om dit heeltyds te doen. ʼn Tweede spanningsroman is reeds in wording.

Books

Smet
Price: $6.99 USD. Words: 88,140. Language: Afrikaans. Published: September 28, 2017 by Malherbe Uitgewers. Categories: Fiction » Mystery & detective » General
'n Psigopaat se korrupte en sedelose lewe besmet die lewe van almal om hom tot hy sy hand oorspeel en kaptein Francois Roux op die toneel verskyn. Met doelgerigde speurwerk begin hy die donker lewe van die gewetenlose manipuleerder oopvlek en word hy ondersteun deur 'n toegewyde joernalis wat glo dat die krag van die media nooit onderskat moet word nie.

Roelof Meyer's tag cloud