Piet Schoombie

Biography

Die skrywer het op ’n plaas opgegroei en ’n groot deel van sy werklewe in die korporatiewe sake wêreld van Johannesburg, Suid-Afrika deurgebring. Benewens twee boeke in die gedrukte media, het hy vier e-boeke by Smashwords gepubliseer. Laasgenoemde boeke behels 'n avontuurverhaal, twee bundels met kortverhale en 'n jeugroman. Die skrywer is ook ’n ywerige skilder en gholfspeler en kan by piets@com2000.co.za gekontak word.

Books

Afgode
Price: $3.99 USD. Words: 47,530. Language: Afrikaans. Published: April 6, 2012 . Categories: Fiction » Young adult or teen » Family, Fiction » Inspirational
Hierdie is ’n aangrypende verhaal van ’n weeskind se stryd en strewe in ’n kinderhuis om ’n staanplek vir homself in die lewe af te baken. Die seun was ’n vondeling baba en het dus nooit enige ouerliefde ervaar nie. Ook is daar geen oënskynlike familie wat omgegee of hulle oor hom ontferm het nie. Hy kon slegs op sy eie instinkte en fisiese vermoëns staatmaak.
Weldade en Misdade
Price: $3.99 USD. Words: 37,660. Language: Afrikaans. Published: February 23, 2012 . Categories: Fiction » Christian » Short stories
Hierdie e-boek bevat vyftien kortverhale en artikels oor ’n verskeidenheid van onderwerpe en situasies. Drie daar van is al voorheen in die gedrukte media gepubliseer. Die ander twaalf word vir die eerste keer in boekvorm uitgegee.
Engele en Rowers
Price: $3.99 USD. Words: 32,120. Language: Afrikaans. Published: September 24, 2011 . Categories: Fiction » Mystery & detective » Short Stories
Hierdie e-boek bevat vyftien kortverhale en artikels wat reeds in Mei 2010 onder dieselfde naam in gedrukte vorm verskyn het. Daardie boek se vier en twintig stories is verminder na vyftien uitgesoekte keur verhale. Dié verhale is wesenlik hersien en in sommige gevalle verkort.
Skimme van Gister
Price: $1.99 USD. Words: 11,240. Language: Afrikaans. Published: July 30, 2011 . Categories: Fiction » Plays & Screenplays » African
’n Jong man verloor sy werk en besluit om die geleentheid te gebruik om sy voorgeslagte se spore op die ou familieplaas in Afrika te gaan naspeur. In die proses vind hy en sy vroutjie meer as net familie wortels! Die skimme van gister lewer aangename verrassings op, maar daar wag ook skrikwekkende gebeure op hulle.

Piet Schoombie's tag cloud

afrikaans    afrikanatuur    avontuur    bybelstories    christelik    drama    erfenis    familieskatte    jagplaas    jeug    kortverhale    misdaad    piet    plaasmoorde    resessie    schoombie    short stories    skilder    sokker    suid afrikaans    weeskind    wildplaas