Interview with Frances Frans

Published 2016-11-29.
Waar het jy groot geword en het dit enige invloed op wat jy skryf?
Ek`t grootgeword in Pacaltsdorp, Wes-Kaap, Suid -Afrika. Die omgewing waarin ek bly gaan gebuk onder egskeiding en die daaropvolgende hartseer in gesinne. Verwerping het ook menigmaal aan my deur kom klop en ek kan dus identifiseer met geknakte vroue.
Kan jy nog die eerste kort storie onthou wat jy geskryf het?
Dit het gehandel oor die hartseer wat `n jongmeisie deurgaan as haar geliefde haar verlaat. Ek skryf al van my kinderdae strokiesprente en kort toneelstukkies. Op skool en onderwyskollege was my opstelle altyd `n aansporing vir almal. Ek is tans drama opvoeder by my skool en skryf my eie toneelstukke.
Wanneer het jy ernstig begin skryf?
My passie het behoorlik vlamgevat toe ek op die grond was… kaalgestroop. Emosioneel, finansieël en liggaamlik het ek my perke bereik. Ek kon nie meer en het met God geredeneer en Hom blameer vir al my swaarkry. Dit is ook in hierdie donker uur dat Ons hemelse Pappa kom ingryp het en my lewe kom aanraak het.
Wat is die proses wat jy volg met jou skryfwerk?
Ek skryf eers op papier voor ek begin tik. Lees dit herhaaldelik deur en vra `n vriend om saam met my deur te gaan.
Hoe het die skrywery jou lewe verander?
Deur die jare het ek op stukkies papier my gevoelens neergepen en gebêre. So het dit my metgesel geword en saam met my van een blyplek na die ander getrek. Dis maar maar onlangs dat ek alles saamgevoeg en omvorm het tot `n manuskrip. Ek kan God se hand duidelik hierin sien. Ek móés die dinge oorkom sodat ek by my Godgegewe roeping kan uitkom. My skrywery het my nader aan God gebring. Ek is gemotiveerd en het alreeds nog twee manuskripte voltooi.
Wat dink die familie van die skrywery en hoe ondersteun hulle jou?
My familie is in die wolke. Hulle ondersteun my omdat hulle weet ek baie lief daarvoor is om met woorde te speel . Ek is fanaties oor lees!
Wat doen jy vir ontspanning?
Tuinmaak, lees, blokraai invul, stap langs die see, luister na goeie musiek.
Hoe verkies jy om jou skryfwerk te doen?
Ek geniet dit om in stilte in die oggendure te werk.
Wat inspireer jou in jou skryfwerk?
Absolute egtheid en eerlikheid.
Waarmee is jy op die oomblik besig?
Afronding van volgende twee boeke. Titels: Die vroulike alkoholis en Skeidsmure tussen my en God.
Was daar 'n emosionele laagtepunt in jou lewe en het dit 'n invloed gehad op jou skryfwerk?
Te veel om op te noem. Ja dit het my gemotiveer om meer en meer te skryf . As mens jou gevoelens op papier neersit, dien dit as `n katarsis. Dit neem tog in `n mate die eina uit die situasie(al neem dit tyd).
Wat is die onderliggende boodskap wat mens behoort te sien uit jou boeke?
Dat God die Skepper van die heelal is en alles en almal aan Hom onderworpe is. Maak nie saak wat met mens gebeur het nie, hoe seer jy ookal gekry het, hoe diep jy geval het, sy LIEFDE is onveranderd. Hy kán jou lewe verander as jy Hom die leisels gee. Ons Vader wil hê dat almal gelukkig en voorspoedig moet wees op die aarde. Hy het vir elkeen `n plekkie in die son. Ons moet net alles vir Hom gee en volgens sy wil lewe dan val alles in plek.
Het al hierdie verskriklike dinge in jou boek, regtig met jou gebeur?
Ek het meeste van hierdie deurgemaak, ja. Die res is verhale van mense wat my siel so geraak het en ek moes eenvoudig dit byvoeg sodat ander vroue kan weet en besef dat hulle nie alleen in hul situasie is nie. Daar is ander dames wat dieselfde en nog erger deurmaak. Al wat hulle net moet doen is om vas te hou aan die enigste Ware Helper, onse Heer en Meester, Jesus Christus. Maak nie saak hoe oud `n vrou is nie, haar lewe kan verander, ten goede. Dis wat geloof is: om te glo in die goedheid en liefde van God. Ek moes eers oor 50 word voor ek die basiese beginsels van `n Christusgesentreerde lewe kon smaak. Ek moes eers my selfrespek terug kry en besef dat geluk nie van buite afkom nie, maar van binne! Geen mens kan `n ander volkome gelukkig maak nie en GEEN MENS KWALIFISEER DAARVOOR OM ONVOORWAARDELIKE LIEFDE VAN STERFLIKE WESENS TE ONTVANG NIE. SLEGS DIE KONING VAN ALLE KONINGS IS HIERTOE INSTAAT!
Wie het die grootse verskil in jou lewe gemaak?
Bishop M. Dlomo van Light of Life Ministries, George, South Africa. Hy is die een persoon wat my gemotiveer en geïnspireer het om my eerste volwaardige boek te skryf.
Wanneer kan ons weer iets uit jou pen verwag?
Sodra hierdie boek die lig sien!
Smashwords Interviews are created by the profiled author or publisher.

Books by This Author

Ek moet Praat
Price: $1.39 USD. Words: 24,160. Language: Afrikaans. Published: November 20, 2016 by Kameeldoring Boeke. Categories: Essay » Sociology, Nonfiction » Religion & Spirituality » Christian Life / Family
Frances “MOET PRAAT” en het dinge wat sy van haar hart af moet kry. In hierdie bundel kort sketse praat sy met die vrou wat al die bitter beker tot op die bodem geledig het. Die een wat voel dat sy nie meer kan voortgaan nie. Daar is hoop vrou! God weet van jou en Hy gee om!!