Doris Koekemoer

Doris Koekemoer's favorite authors on Smashwords

Smashwords book reviews by Doris Koekemoer

  • Gees van die Labrador on Oct. 15, 2012

    Hierdie plaasstorie ruik vir my net soos my ouma se kombuis op De Kroon naby Brits. Dit laat my mond water vir die lekker kos wat op die ou koolstoof gemaak word. Ek verlang na die lang kuier op die skaduryke stoep van die ou opstal met sy dik rousteen mure en rooi gepoleerde vloere waarop die honde uitgestrek lê en slaap. Dankie vir die geskiedenis van El Alamein en hoe dit die jong manne beïnvloed het in hulle latere lewens. “'n Duisend kanonne het dag en nag die Duitse stellings gebombardeer en “Satan se Tuin” vir hom sooi vir sooi omgespit en natgelei met mensebloed.” Hierdie stukkie uit tannie se beskrywing van die geveg, sal ek seker nooit vergeet nie. Wat egter my hart aan flarde geskeur het was die smart van die moeders en geliefdes van die jong mans wat nooit terug gekom het van die oorlog af nie. “Net 'n pakkie met sy persoonlike goedjies en haar laaste brief – is dit al wat van Jan se lewe oorgebly het? By 734 ander families in Suid-Afrika het soortgelyke pakkies aangekom van almal wat gesneuwel het by El Alamein.” Nou swem die letters opnuut voor my oë en as ek kon sou ek vir tannie 10 sterre gegee het vir die pragtige storie van Wagter en sy baas.
  • Padlangs on Dec. 26, 2013

    Bets, jy het aan my hart geruk met die gedig soos modder aan jou hande. Miskien omdat my pa deur my oupa onterf is. Jou menslikheid het my aangegryp en ek het heerlik saam met jou 'Padlangs' getrippel.