Interview with Anzé Bezuidenhout

Published 2013-11-27.
Waar het jy groot geword en het dit enige invloed op wat jy skryf?
Ek het op ‘n plaas in Marble Hall grootgeword. Ons het in 1978 na Potgietersrus verhuis waar ek in die koshuis was en gemartikuleer het by Hoërskool Piet Potgieter. Ek het op skool al gewoeker met die digkuns en het gereeld vir vriende gedigte geskryf.
Wanneer het jy ernstig begin skryf?
Skryf was nog altyd deel van my gewees, ek kan nie dink dat daar nie ‘n tyd was wat ek nie besig was met ‘n gedig iewers in ‘n laai nie. Ek het in 2010 die gedigte ernstig begin opneem en aan Woes gestuur vir publikasie.
Het die skrywery enigsins jou lewe verander?
Ek gebruik my gedigte as klankbord vir elke probleem waarteen ek te staan kom, deur alles op papier uit te sit is my manier om dinge weer in perspektief te sien.
Hoe verkies jy om jou skryfwerk te doen?
Gedagtes oor gedigte vorm enige tyd van die dag of nag in my kop en daarom het ek altyd n skryfding byderhand waar ek vinnig ’n nota maak vir latere gebruik. Ek skryf meestal bedags by my winkel so tussen die kliente deur. Dit het al menigmaal gebeur dat ek ‘n volledige gedig droom, woord vir woord.
Beskryf vir ons jou lessenaar en wat alles daarop lê?
My laptop, Bybel, selfoon en die res sommer lekker deurmekaar ... maar ek weet presies waar alles is hoor.
Wat inspireer jou in jou skryfwerk?
Eerstens my gevoelens, dan die mooi en seer van die lewe wat ek daagliks beleef. Ek skryf ook graag oor hulle vir wie ek so lief is.. my gesin en familie.
Waarom die belangstelling in die digkuns?
Woorde is vir my soos asemhaal .. ek moet skryf om te ontsnap van die daaglikse dinge wat soms te veel kan word.
Wat beteken die lesers vir jou en jou skryfwerk?
Sonder die lesers is daar geen doel om te skryf nie. Alle kommentaar – possitief en ook negatief – dra tog by dat mens meer onbetrokke na jou eie werk kan kyk en verbeter waar jy te kort skiet en so kan groei.
Wat is die boodskap agter jou bundel met gedigte?
Ek het die laaste 6 maande deur 'n vreeslike beproewing gegaan. Met baie genade van Bo kon ek weer opstaan en die lewe in die oe kyk. Met hierdie bundel wil ek graag aan die leser wys om nooit moed op te gee nie, ek ontvang elke dag soveel genade en besef dit net meer en meer “Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee”
Hoekom het jy besluit om jou bundel “Gebroke Harts Gebede” te noem?
Elke gedig was ‘n smeekroep uit my gebroke hart... sonder God se hulp en bystand sou ek nooit staande kon bly nie. Hierdie was vir my ‘n wroeg bundel waar ek al my vrae en pyn uitgeskryf het.. so ook my soeke na antwoorde
Waarmee is jy op die oomblik besig?
Ek is tans besig met die saamstel van ‘n Bybel bundel. “Bybelse vroue in ‘n neutedop” die bundel is op Bybelse feite gegrond en ‘n baie kort samevatting van vroue uit die Bybel se lewe in digvorm. Ek hoop om die bundel voor Kersfees op die rakke te hê asook as e-boek gepubliseer te kry.
Smashwords Interviews are created by the profiled author or publisher.

Books by This Author

Gebroke Harts Gebede
Price: $1.49 USD. Words: 11,850. Language: Afrikaans. Published: November 28, 2013 by Kameeldoring Boeke. Categories: Poetry » Spiritual, Poetry » African Poetry
Gebroke Hartsgebede is 'n digbundel oor die einas van die lewe. 'n Soeke na liefde op 'n stormagtige pad. Mag hierdie bundel vir die leser 'n pad na herstel aanwys. Die diepe besef dat jou krag van Bo kom. Ja jy is tot alles in staat deur Christus wat jou krag gee.