Anzé Bezuidenhout

Biography

Anzé en Willie Bezuidenhout woon in Nylstroom, Limpopo Provinsie, Suid Afrika. Sy is baie lief om haar diepste gevoelens oor alles in die lewe in digvorm uit te druk. 'n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat haar omring. Hulle is in 1984 getroud en is geseënd met drie pragtige dogters en twee kleinkinders.

Hulle oudste dogter is Corlette (getroud met Sybrandt van der Westhuizen en hulle het 2 kinders Tinus 4 en Ané 2). Alicé-Ka is getroud met Armand Lubbe en sy is swanger met hulle eersteling wat in Mei 2014 verwag word. Jandri, die jongste, is nog ongetroud. Hulle woon op ‘n plaas in die Springbok vlakte en Anzé bedryf ook haar eie besigheid op Nylstroom. Sy het ‘n kunswinkel met die naam “IetsiVanAls Curios & Biltong” waar sy haar met die mooi van die lewe omring en met mooi mense werk.

Anze is ook aktief op die Afrikaanse letterkunde blad "Woes" en lesers kan daar na haar profiel kyk: http://www.woes.co.za/bydraers/besonderhede/anzebezuidenhout

Smashwords Interview

Waar het jy groot geword en het dit enige invloed op wat jy skryf?
Ek het op ‘n plaas in Marble Hall grootgeword. Ons het in 1978 na Potgietersrus verhuis waar ek in die koshuis was en gemartikuleer het by Hoërskool Piet Potgieter. Ek het op skool al gewoeker met die digkuns en het gereeld vir vriende gedigte geskryf.
Wanneer het jy ernstig begin skryf?
Skryf was nog altyd deel van my gewees, ek kan nie dink dat daar nie ‘n tyd was wat ek nie besig was met ‘n gedig iewers in ‘n laai nie. Ek het in 2010 die gedigte ernstig begin opneem en aan Woes gestuur vir publikasie.
Read more of this interview.

Where to find Anzé Bezuidenhout online

Where to buy in print

Books

Gebroke Harts Gebede
Price: $1.49 USD. Words: 11,850. Language: Afrikaans. Published: November 28, 2013 by Kameeldoring Boeke. Categories: Poetry » Spiritual, Poetry » African Poetry
Gebroke Hartsgebede is 'n digbundel oor die einas van die lewe. 'n Soeke na liefde op 'n stormagtige pad. Mag hierdie bundel vir die leser 'n pad na herstel aanwys. Die diepe besef dat jou krag van Bo kom. Ja jy is tot alles in staat deur Christus wat jou krag gee.

Anzé Bezuidenhout's tag cloud

familie    gebede    geloof    hart    liefde